Liga dring aan op swart onnie by Schweizer

EFF-ondersteuners was van die betogers wat op die perseel van die Laerskool Schweizer-Reneke geprotesteer het. Foto: ANA

ʼn Swart leerkrag moet die geskorste onderwyseres van die Laerskool Schweizer-Reneke vervang, eis die Jong Kommunisteliga (YCL).

“Ons wil sien dat gelyke indiensneming en regstellende aksie by die skool toegepas word [waar] 99,9% (sic) van die onderwysers wit is,” sê Pule Ramabodu, lid van die liga se Dr. Ruth Mompati-distrikskomitee.

Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, het die gr. R-onderwyseres Elana Barkhuizen Donderdag geskors nadat sy Woensdag op die eerste skooldag ʼn foto met ouers in ʼn WhatsApp-groep gedeel het waarop gesien kan word hoe vier swart leerders apart van 18 wit leerders in haar klas sit, berig African News Agency.

Ná pouse het sy almal rondgeskuif sodat die swart en wit kinders tussen mekaar gesit het.

ʼn Ouer het intussen aan Maroela Media gesê die vier leerders het eers Woensdagoggend aan die skool ingeskryf. Barkhuizen het toe reeds die 18 kinders wat vroegtydig ingeskryf het se plekke in die klas beplan, maar ná pouse het sy almal rondgeskuif sodat die swart en wit kinders tussen mekaar gesit het.

Die skool se beheerliggaam het egter nie dié bewering bevestig nie en het in ʼn verklaring wat uitgereik is geen rede gegee hoekom die vier swart leerders op die omstrede foto apart sit nie.

Noordwes se onderwysdepartement sal na verwagting volgende week ʼn verslag van ondersoek na die voorval uitreik nadat ʼn bohaai in die sosiale media oor die foto ontstaan het.

Intussen het die skool Vrydagoggend sonder voorval begin. Donderdagoggend het ouers hul kinders by die skool gaan haal midde-in ’n vurige betoging wat sommige ouers gedwing het om ’n heining te breek om by hul kinders uit te kom en hulle weg te vat.

Politieke partye en organisasies het vandeesweek flink op die foto en die herrie gereageer. Keneetswe Mosenogi, sameroeper van die ANC se provinsiale taakspan, het gesê die regerende party is verstom oor die “oënskynlik rassistiese sitreëlings” in die skool op die foto.

Niks sal ons stuit in ons stryd teen rassisme nie.

“Ons is ontstoke omdat dit beslis nie die soort samelewing is wat ons in die vooruitsig gestel het nie,” het Mosenogi gesê. “Niks sal ons stuit in ons stryd teen rassisme nie.”

Joe McGluwa, DA-leier van Noordwes, het gesê die “taalhindernis” moenie gebruik word om kinders te skei nie. “Hulle is by die skool om die taal [Afrikaans] te leer; hulle moenie geskei word nie.”

Maar AfriForum het politici veroordeel wat dié situasie “vir eie gewin uitgebuit het sonder om eers die werklike agtergrond van die foto vas te stel”.

Volgens Alana Bailey, die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, bestaan kanale waardeur klagtes oor probleme by skole – waaronder rassistiese optrede – na behore ondersoek kan word en die nodige optrede daarop kan volg.

“In hierdie geval, na aanleiding van een foto, is blote gevolgtrekkings en selfs dreigemente van geweldpleging gemaak. Dit is duidelik dat die [welstand] van enige van die leerders allermins deur die politici oorweeg is of as van belang deur hulle geag word en dat hulle eerder op die vooraand van die verkiesing op eie politieke gewin fokus.”

Die foto … weerspieël nie die ware karakter van die skool nie.

Die skool se beheerliggaam het in sy verklaring gesê die foto waarop swart en wit gr. R-leerders afsonderlik sit, “weerspieël nie die ware karakter van die skool nie”.

“Die Laerskool Schweizer-Reneke is trots op sy geïntegreerde leerderkorps,” het Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, gesê. “Die skool se etos berus op inklusiwiteit as ’n weerspieëling van die breër Suid-Afrikaanse samelewing.”

Die LUR sê Barkhuizen is geskors hangende ʼn ondersoek, maar ontstoke ouers wil hê sy moet ontslaan en die hoof, Alwyn Henning, geskors word. Hulle het ná Lehari se ontmoeting Donderdagoggend met Henning by die skool gesê die LUR moet ʼn swart onderwyser aanstel.

Terwyl Lehari Barkhuizen se skorsing aangekondig het, het hy gesê die skool het tydens sy besoek verduidelik die vier swart kinders het eenkant gesit omdat hulle nuwe inskrywings was en nóg Afrikaans nóg Engels kan praat.

Rassisme laat swart leerders minderwaardig voel.

Hy het aan ʼn skare betogers op die skoolperseel gesê: “Ons aanvaar nie die verskoning nie,” en bygevoeg hulle moet nog oor die skoolhoof se lot besluit.

Ramabodu het gesê dis nie die eerste keer dat die skool van rassisme beskuldig word nie, want 11 jaar gelede het die YCL daarheen opgeruk nadat die skool glo aantygings gemaak het dat swart leerders dwelms verkoop en nie in die klas oplet nie.

“Rassisme laat swart leerders minderwaardig voel,” sê Ramabodu. “Dis ʼn werktuig wat wit mense gebruik om swart mense te dwing om die skool te verlaat. Dis daarop gemik om net wit kinders in dié skool te hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Sandra ·

Julle sal alles afmaak as rasisme en julle ook ook ontoeganklik om mee te redeneer.

Anoniem ·

Elana, God maak ‘n deur TOE HOU dit TOE Weet net GOD maak baie, baie ander DEURE vir JOU oop ! Vat Jou VERLOOR hergroepeer en gaan aan met JOU LEWE ! STERKTE ????

Chris ·

Noujatoe, dit is die realiteite in die land en als het onnadenkend en goedbedoeld by ‘n enkel foto begin.

D B ·

Genade, die kinders was LAAT INGESKRYF, punt! Word wakker!

Ek lees in ‘n ander Engelse artikel dat die hele dorp nou sommer rasisties is, want witmense besit en bestuur al die besighede. Klop narre!

Wonder net ·

Ja nee daar kom dit weer uit. Stel sommer klaar die een of daai een aan. Sy is nognie eens skuldig maar dus weer we demand, we want, moes hoe dit werk in die land. Ek demand ook n huis, ek demand ook n groter pos. Sirkus man.

Wonder maar net ·

Dat 1 foto nou soveel reaksie kan veroorsaak. Gaan na enige jaareinfunksie en dieselfde sal gesien word altyd verdeeldt tussen rasse, met geen reaksie daarop nie, dit gebeur outomaties.
Moenie goed afdwing nie dan sal die integrasie vanself gebeur. Dit is kinders hulle weet nie eens waaroor die bohaai. Skandelik

Doempie ·

En alles is negin deur een mens wat vir ñ oomblik nie gedink het nie. Sneeubal op sy beste

De Villiers ·

Doempie, die probleem lê nie by die persoon wat die foto’s geneem en geplaas het nie, maar by dié persoon wat rassisme daarvan gemaak het. Dit was ‘n onskuldige foto wat enigiemand kon plaas, maar jy het met irrasionele elemente te doen wat enige absurde saak daarvan kan maak. Daarom dink ek nie dit was ‘n verkeerde of dom ding om te doen om die foto’s te plaas nie.

Chris ·

De Villiers, in ons land met die geskiedenis die afgelope paar jaar van mense wat met Twitter, Facebook, YouTube of Whatsapp in die slagyster trap, moet mens maar twee maal dink, ons het genoeg voorbeelde van hoe dinge aan die grootklok gehang en watter chaos veroorsaak word. Soos hier voor gesê, ons moet twee maal dink, almal van ons, anders gaan dit soos die vorige kere maar net weer dieselfde opeindig. Die ANC en EFF sal elke geleentheid, of halwe geleentheid aangryp.

Andre ·

n LEKKER stink politieke modderbad vir ALMAL om in te klim vir gratis bloodstelling net so voor die verkiesing……lekker man, lekker.

wonder ·

REGTIG wil hulle nie net maar alles oorvat nie…. DAN SOEK ons weer witte terug in ons eet plekke soos SPUR,WIMPY MACDONALDS ens!!!!!!!!!!!! Daar waar witte was en nie meer is nie ?????????????
Hulle is nou besig om die skole te ontwrig wat moet die Gr 1 net nie van ouer mense dink nie regtig, word groot.

Paul ·

En ek sien elders word berig dat die juffrou het nou uit vrees vir haar lewe uit die dorp gevlug.

Paul ·

En hierdie is die 11 de dag van die eerste maand van die jaar 2019.

Anoniem ·

Weereens soos in meeste gevalle het beheeiggaam vam die skool met bek vol tande gestaan sonder feite en die arme onderwyseres vir die wolwe gegooi

Leser ·

Kry jou feite reg. Niemand is vir die wolwe gegooi nie. As die Minister besluit het jys verkeerd kry niemand ‘n spreekbeurt nie. Dis wat daar gebeur het. SR het ‘n uitstekende BL!

Pieter ·

Die hele aangeleentheid is swak deur die volwassenes hanteer. Die arme kinders gaan hul eerste skooldag onthou met hierdie gebeure en hul diep laat wonder die res van hul lewe wat rassisme inhou en sekerlik opmerksaam wees rakende die verskille tussen wit en swart. Rassisme is ingevryf deur hierdie optrede. Dit sal beter gewees het om die juffrou se kant van die saak te hoor, haar nie te skors nie (kinders gaan vra waar sy is en hoekom so) en die saak wyslik te hanteer.

Maar ja, in ‘n land waar die matrieks slaag met 30% (dus hulle weet van 70% niks nie) en vakke soos wiskunde, fisika en ekonomie nie deel van hul onderrig vorm nie, kan ‘n mens so ‘n dwaasheid verwag.

Sterkte aan die kinders. Nou weet julle ook wat mensdom beteken.

Gert ·

Rassisme is ‘n kwessie van definisie. Vir my is regstellende aksie en BEE die ergste vorm van rassisme, soos hier waar hulle iemand wat nie eens die onderrigtaal as moedertaal het nie, wil inforseer as onderwyser net op grond van velkleur.

Jj ·

Ek beaam wat jy sê Gert, dink om aan te dring op n velkleur aanstelling is baie rassisties.

brens ·

Julle kan maar skel en en en…maar wonder wat JULLE sou doen as die skoen aan die ander voet was? rassisme moet eindig!! Dit sal daardie juffr leer om alle kinders gelyk te stel; want die foto spreek boekdele!!

Anoniem ·

So as die kinders nie Afrikaans of Engels kan praat nie sou dit volgens jou prakties wees om hulle van mekaar te skei en tussen kinders te sit wat hulle nie verstaan of andersom nie? Ook maar lekker om op die soustrein te klim en saam met al die aanhitsers te ry! Hierdie politieke agenda is ‘n SPEL en jy en soveel ander kom dit net geensins agter nie. ALLES is skielik rassisme, al weet ons dit is nie waar nie. ALLES word uit verband uit geruk en ons is deeglik bewus daarvan. Ons sal seker een van die dae Marmite en Bovril se kleur ook moet verander omdat dit ook rassisties is, of hoe?

Michelle Ler ·

Brens: Gaan dink oor die logika van die hele situasie. As dit nie so histeries hanteer is nie, sou logika die mense laat besef het dat daar nie rassisme by betrokke was nie.
Was die situasie omgeruil sou dit in die swart skool dalk presies dieselfde gebeur het, veral as daar LAAT INSKRYWINGS was. En die blankes sou tien teen een nie ge-worry het nie, beslis nie opgeruk het nie, nie mense gedreig het nie. As die mense by my werk iets verkeerd doen, roep jy hulle tog eers in en hoor, die arme juffrou is nie enige kans gegun om haar te verdedig nie. En wat is die kans dat die skool/juffrou nog in vandag se tye so blatant rassisme sou uitoefen.
DINK.

ANC ·

Vir elke aksie, moet daar n reaksie… maak n einde aan alle skole wat nog gelabel kan word as wit. Sit alles onder die staat en laat dit so bestuur word. Geen rassisme en almal word gelyk behandel. Want kom ek sê so, velkleur is nie meer die deurslaggewende faktor nie. Maar wel geld. Ryk ouers se kinders word beter behandel, ongeag kleur. Ons kinders in gewone staat skole ly, omdat ons nooit gelyk kan wees as sogenaamde oud model C skole nie. Maar my 2c ini bord…

Marietjie ·

Dis so hartseer. Waar gaan alles heen.
As dit my kinders was het ek hulle maar uitgehaal en in n privaat skool gesit of homeschooling gedoen. Die kinders het nie n probleem nie. Kinders sien nie eers die kleur van hulle maatjies raak nie. Die ouers en politieke partye
het die probleem. Hulle maak probleme orals waar hulle gaan.

toy ·

Ag mens raak nou dik vir hierdie rassistiese storie wat hul heeldag opbring. Willie ek stem staam met jou.

wilma ·

Ai tog, alles so onnodig. My 2½-jarige (wit) kleinseun is na ‘n nuwe kleuterskool, Daar aangekom is daar ‘n swart dogtertjie wat ontroosbaar huil. Stap hy so ewe braaf na haar, sit sy een armpie om haar nek, bied haar sy “troos”doekie aan, vat haar aan die handjie en sê sy moet ophou huil hulle gaan nou lekker speel! Nodeloos om te sê sy het bykans onmiddellik opgehou huil en met haar nuwe maatjie gaan speel ongeag die feit dat sy nie ‘n woord verstaan het nie. Miskien moet sommige grootmense dalk weer met die oë van ‘n klein kindjie na hulle naaste kyk waar kleur geen verskil maak nie.

Christine ·

Hierdie laaste twee sinne word dan nou gald nie aangesien as rassisme nie???
Maar laat ‘n wit mens dit gese het dan was daar nog ‘n nuus berig oor dit

Irah ·

So as die lot wil hê daar moenie kleur gesien word nie, is dit dan mos net ń klaskamer vol kinders.

Ja Nee ·

Alles soos gewoonlik uit verband geruk, nou ly onskuldig mense daar onder. Ras, Ras, Ras ras… Blah blah. So moeg daarvoor

Anoniem ·

Mense…. Julle sal van julle Marmite en Bovril ontslae moet raak! Hier kom ‘n ding!??

Schweizer-Reneke , Schweizer-Reneke ·

Hierdie skool wat tans byna 100% eksklusief sogenaamd wit is word soos ons hier lees en skryf deur die massas getransformeer en niks sal hul stuit nie. Elders op ander media platforms word berig dat rassisme in hierdie hele dorpie in Afrika aan die orde van die dag is en ‘n ander nuusplatform berig weer dat die “foto Juffrou” uit die dorp gevlug het uit vrees vir haar lewe. Hier lees ons weer hoofsaaklik dat daar geen rassisme betrokke is nie en dat die feite verdraai word en dat niks verkeerd gedoen is/of gedoen word nie.

Dit is dus redelik om te vra wat is die Waarheid van hierdie klein Noordwes plattelandese dorpie met die naam Schweizer-Reneke en is wat hier gebeur ‘n spieëlbeeld van hoe hierdie gebroke Suid-Afrika tans werklik lyk?

Michelle ler ·

Ai en wat die mense nooit sal verstaan: hulle gaan so te kere om nie as minderwaardig gesien te word maar die tipe onlogiese, ondeurdagte misplaaste sotlike optrede gaan net maak dat mens (ek) net dieselfde opinie gaan behou. As jy beskaafd behandel wil word, tree dan so op.
Ongelukkig gaan die belaglikhede net toeneem, ons gaan geestelik/ander moet voorberei.

JANEE ·

Stig n privaat skool en neem al die wit onderwysers in diens. Laat die staat die skool tenvolle oorneem. Ons wil net graag teen die einde van die jaar sien wat oor is van die skool en die slaagsyfer wil he. Ek is seker daar is baie mense wat grond beskikbaar kan stel vir n skool. Ons afrikaners het nog nooit terug gestaan vir oorbegin nie. Ek weet dit klink baie makliker gese as gedaan en daar is baie aspekte wat in ag geneem moet word. Ek se dit gaan maklik wees nie, maar is wel moontlik.
Waar daar n wil is, is n weg
Een drag maak mag.

Verstom ·

Ja ne, nou die opskrif spreek boekdele. :Natuurlik is dit nou nie rassisme nie”. Urghh so siek en sat vir die rassasisme gogga. Wat geld vir die een, geld vir die ander een!!!

p ·

Nou ja kom ons almal staan saam, seker maklik om te se, gee alles terug, ek bedoel die grond en brand alles af tot op die grond wat ons vermag en gebou het sodat hulle vanvooraf moet beplan en bou, daar sal nie een ding wees wat hulle sal kan bou nie, nie een enkele ding nie.

ne ·

Juffrou, my simpatie lê by jou. Vergeet alles en gaan aan met jou lewe. ‘n Mens kan net soveel verduur. Jy het jou werk na die beste van jou vermoë gedoen. Laat hulle sien en kry ‘n Tswana onderwyseres. Jy is veroordeel nog voordat jy skuldig bevind is, dit is die nuwe SA se reënboog nasie.

GM ·

Dis mos nou eenvoudig, BOU nuwe skole, want daar is nie genoeg om die bevolkingsontploffings elke jaar te akkommodeer nie, en stel NET die mense aan wat jul wil aanstel. Die kinders verstaan nie Engels of Afrikaans nie, en hulle is beslis nie daar om Afrikaans te leer nie. Dié taal moet dan orals uitgeroei word. Of redeneer ek nou verkeerd? En kry moedertaal onderrig vir Xhosa, Sotho ens. kinders, want hul verdien ‘n goeie fondasie. Nie hierdie politieke speletjies nie.

En ek sou dink dat, as jy iemand nie kan verdra oor sy velkleur nie, dan sal jy liewers ook nie jou kinders in so ‘n situasie probeer dwing nie, maar verkies dat hul dan by die soort mense bly wat vir jou aanvaarbaar is. As die ma omgegee het oor haar kind, sou sy eers met die onderwyseres gaan praat het, en nie haar kind op FB verneder het nie.

Ek maak my kinders groot met die verwagting dat hul almal moet respekteer/ ordentlik moet behandel ongeag van hul velkleur, maar hoe leer mens vir ‘n kind sulke dinge as die mense JUIS wil hê dat mense gedefinieer moet word volgens kleur. Want sonder daardie kleurkaart, kan daar nie aangejaag word nie, kan massas nie opgestook word deur politieke leiers nie, want wie gaan dan blameer word vir hul eie tekortkominge. Hul verloor dan ‘mag’. Hoe sien die massas nie dat hul so misbruik word deur die mense vir wie hulself stem nie?

Johann du Toit ·

maikôtlhaô, arme onderwysers en leerders, nou het ek alles gehoor

Anoniem ·

Maar die Put Toilette is nog steeds oop Mnr ? Gebruik Jou tyd eerder op die veiligheid van die KINDERS !

mc ·

Kan Schweizer-Reneke se mense hulleself so erg saboteur met selfone, goeie goeie genugtig. Whatsapp is omtrent in daai dorpie so gevaarlik soos twitter vir Donald Trump en Helen Zille.

B ·

Hoe op dees aarde kan betogings / terrorisme by veral ‘n kritiese instelling soos ‘n (laer)skool geduld word?

Spike ·

Die klomp wat so betoog is seker ñ klomp leegleêrs, want produktiewe mense werk en het nie tyd vir dit nie. Inwerklikheid het hulle nie ñ sê nie, want hulle dra niks by tot die groei in sa nie. Mens kan ook nie met hulle redeneer nie, klomp dwase

Wonder ook ·

Okayyyyyy is dit hoe dit werk? In kettingwinkeks is daar nie een blanke persoon wat werk nie. Maar hier word nou geoordeel oor die meerderheid blankes wat onderwys gee en dat die geskorste onderwyseres vervang moet word met n nie blanke.

Jean ·

Laat net swart onderwysers hul onderrig asb….Hul verdien dit…Suid Afrika is reeds al so slim…
Gee hul wat hul verdien…

Jeremia ·

Waar is arbeidswetgewing?
Dis mos veronderstel om ook hier toegepas te word.
Aangesien die voorskrifte met dreigemente en geweld neergelê word: stel die Tswana juffrou aan. Nee, maak haar/hom ‘n Zoeloe. Taal is mos glad nie oorweging nie.
Dalk sal daar ‘n paar wakker skrik en herbesin oor sake.
Betwyfel dit egter as ek so na sake kyk.
Stem saam met ander – herposisioneer juffrou en daar sal vir jou deure oopgaan.

Carika ·

Wat my meer kwaad maak as hierdie klomp RASSISTE is die feit dat daardie arme kindertjies en hulle ouers nou getraumatiseerd is omdat een idioot besluit het om die hele situasie te intrepeteer soos HY wou. Daai arme kindertjies is in Gr R, hulle heel eerste dag in die “groot skool”, dis stressvol genoeg vir hulle en hulle ouers en nou hierdie fiasko!!!!! Geen apology gaan dit beter maak nie. Oordeelsfout? Damn right!!!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Die swart ma van ‘n swart kind wat “uitgesluit” voel…….dring daarop aan dat die voorval “rassisties” is. Verskillende politieke partye en instansies en groepe spreek hulleself uit TEEN rassisme……………en dan kom die Kommunistiese Jeugliga en dring aan op ‘n “swart juffrou” om die blanke een te vervang. Is dit nie “rassisties” nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek hou van my motor….ek is ‘n motoris.
Ek hou van my clavier….ek is ‘n pianis.
Ek hou van my eie ras……ek is ‘n rassis.

Katerina ·

Al wat ek van Die fiasko kan se: “As jy n hond Wil slaan,sal jy baie gou n stok kry – en as daar nie stokke te vinde is nie, dan grawe jy in die aarde tot jy op n wortel afkom wat met uiterste verbeeldingskrag vir jou miskien Dalk soos n stok kan Lyk- maar Slaan, SAL daai hond geslaan word”

Jerry ·

Die groot verloorders in hierdie sage is die kindertjies wat nou n regstellende (revolusionere kader) onderwyser gaan kry, so die skoen is voorwaar nou aan die ander voet! Vanaf 1996 weet ons reeds van regstellende aksie en talle ontledings het daarop gewys hoe regstellende aksie teengewerk moet word. n Mens sou verwag het dat Afrikanerorganisasies, die Afrikaanssprekende onderwysers en skoolhoofde reeds en deurlopend sou inlig, sensiteer en adviseer mbt die harde realiteite van diversiteit in SA en hoe om die aanslag van regstellende aksie die hoof te bied, juis omrede die aanslag dit ten doel het om sulke geleenthede, hoe onskuldig ookal, uit te buit ten einde anti-revolusioneres met revolusioneres te vervang. Die Afrikaanssprekendes gaan aanhou veld verloor in onderwys en ander vlakke van die samelewing tot tyd en wyl dat die wat daarop roem dat hulle die Afrikaner en Afrikaanssprekendes verteenwoordig, daadwerklik kan wys dat hulle daardie roem verdien! Dit raak ontsettend belangrik dat die lesse wat uit vorige voorvalle geleer is en wat ook nou uit hierdie voorval geleer gaan word, oorgedra moet word aan alle Afrikaanssprekende skoolhoofde en onderwysers. Afrikanerorganisasies mag eenvoudig nie langer nalaat en toelaat dat Afrikaanssprekende skoolhoofde en onderwysers, oningelig en in ontkenning van diversiteit en van die aanslag van regstellende aksie, voort ploeter in hulle eie perfekte wereld nie! Daar is miljoene revolusioneres wat in die tou regstaan om “by hook or by crook” die werk by julle oor te vat!

Tuisonderig ·

Voorstel stig tuisonderig groepe stel n onderwyser aan en betaal hom of haar. Gaan inelkegeval baie beter resultate kry.

Anoniem ·

Jou voorstel is teen die wet..
Mag nie so ‘n tuis skool stig nie..

Die Skim ·

So nou moet ons persoonlike photo’s ook aan ‘n kwota sisteem voldoen?
Wat is regte die ratio? 3/1

Myra ·

Ons soek dan wit staff in alle retail winkels en ook by petrolstasies.Hoekom is dit net swart mense in alle retails en petrol joggies..
Baie Jong wittes will ook daar werk.

Onnie ·

Baie swak dat die beheerliggaam nie geskorste onderwyser ondersteun nie.

Ada ·

Die kinders is blykbaar eers Woensdag ingeskryf, klaar n fout wat ingetree het…

Henk ·

Ek stel voor die eff en ycl lede klim op n skip en steek die osraan oor. Dalk Rusland, die moederstad van kommunisme. En dan moet die rassiste my antwoord op een simpel vraag, as hulle daar is om in Afrikaans te leer, waarom word die skole geforseer om hulle klasse in engels te gee? En dan n vriendelike waarskuwing- bly weg van ons kinders af en bly weg van hulle skole af. Julle boesem vrees in by hulle, julle intimideer hulle en julle doen hulle leed aan en ons gaan dit net vir solank verdra

PJC ·

Die persoon wat die herrie veroorsaak het is te dom om te weet dat sulke insidente die hele land kan laat brand en dat hy of sy saam sal ondergaan.

Wayne ·

Maar die aanddrang op ‘n swart onderwyser is mos die eintlike rassisme. Is daar nog een “ja”-stemmer wat meen hy of sy het die regte stem uitgebring, of veroorsaak hierdie en soortgelyke insidente darem ‘n besef dat oorgawe nie die antwoord is nie? Die tipe optrede gaan eenvoudig toeneem tot ons Volk selfbeskikking het en weer vry is om oor homself te regeer.

Charles ·

Die Onderwyseres moet verhoed word om OOIT weer ENIGE onderwyspos te beklee; swart onderwysers/esse moet die meerderheid van die onderwyskragte uitmaak in die skool en die skool moet ook getransformeer word, want swart mense is die meerderheid in die land en blankes onderdruk swartes en ontneem hulle van verskeie geleenthede!

Afrikaanse kinders het GEEN reg om in Afrikaans onderrig te ontvang nie en moet GEDWING word om saam met hulle swart maatjies in Engels te leer (teen hulle beste belange in); die opoffering en diskriminasie moet maar verduur word ten gunste van transformasie!!

Hoe waag die onderwyseres om dit te gedoen het; sy moet verban word om ooit weer in enige onderrig hoedanigheid op te tree!! Haar optrede was oneties, monsteragtig en ONAANVAARBAAR! /S.

Michelle leR ·

Die redenasie is totaal oningelig, en emosioneel. ‘Transformasie’ sal eerder bereik word deur logika, en kommunikasie op ‘n vlak anders as ‘hooliganism’
Die juffrou het my volle simpatie, sy gee waarskynlik baie meer om vir AL die kinders in haar klas as baie ander onderwysers wat nie eens opdaag by hulle skole.
Verduidelik asb tog waar ons ontneem van geleenthede hmm. Ek was bv in die 80jare op skool in ‘n ‘klein’ dorpie en die swart kinders het daai tyd al ‘n splinternuwe skool met beter rekenaargeriewe as ons skool gehad.
Niks keer swart onderwysers om ook by hierdie of enige ander skool aansoek te doen, en wat van die regering bou meer skole dan kan ALMAL in moedertaal onderrig word, dit is al bewys as beste vir ontwikkeling. Gaan lees bietjie na oor die onderwerp.

Hennie ·

Charles jy is totaal van die spoor af en dan doen jy dit nog in Afrikaans .Oppas daar in die tonnel visie wat jy openbaar is daar n lig en ek belowe jou dis nie die anderkant van die tonnel nie dis n trein .Of jy soek sensasie of jy is net blatant deurmekaar. Word wakker al is dit net uit jou nagmerrie uit.

RP ·

Absoluut alles in die land gaan oor rassisme. Is dit nie uitputtend nie? Want ek is moeg.

Tik tok tik tok ·

Ag man gee die skool vir hulle
Oor ñ week brand hy af

Foxi ·

Ja gee die skool vir hulle. Sal sien hoe lyk die skool oor drie maande. Genoeg gehad van dieselfde ou snaar wat n skril geluid maak. Die hele skool se onderwysers moet ook sommer padgee en tuisonderig gee. Skole, hospitale, ag die hele verdomde land is in sy glorie in. NIKS WERK NIE, NET MOOI NIKS!

kobus ·

En dis die verskil.Wit mense kan net moan ek sien nie 1 witmens daar nie.en dis hoekom ons is waar ons is.ek kan ook net moan

Foxi ·

Kobus, tenminste erken jy dat jy ook net moan. Ek ook, maar ek WIL NIE daar wees nie!
What can one man do?

Plattelander ·

Gooi advies: laat gaan en begin elders.
Gaan kyk maar baie binnekort weer hoe gaan dit.
Weet al uit ondervinding hoe lyk dit.
Begin die waarneming sommer vroegoggend wanneer die personeel moet opdaag.
Stap dan oral deur die terrein. Met klasroosters en registers (vir presensie) in die hand – besoek die klasse en gaan kyk in die personeelkamer.
Neem sommer ‘n paar foto’s en stuur dit vir diegene wat so gou hardloop na skole toe om amok te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.