Liggaam buite Graaff-Reinet gekry; twee vasgetrek

Anette Jooste van Eeden. Foto: Facebook

ʼn Agt-en-veertigjarige vrou en ʼn 28-jarige man het Maandag in die landdroshof op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap verskyn in verband met die moord Anette Jooste van Eeden (59).

Chene Chantell Verwey en Mandla John Khumalo het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 23 Julie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen, het kapt. Bradley Rawlinson, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee is Sondag in Vereeniging in hegtenis geneem. Die ondersoekbeampte, AO Leon Weitz, het AO André Pienaar en sy span van die Vereeniging-polisie, konst. Chris Pretorius en sers. Rowan Nash, geloof vir hul bydrae tot die ondersoek en inhegtenisnemings.

Volgens Rawlinson is dit in die stadium nog nie bekend of die verdagtes aan Jooste van Eeden bekend was nie.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het verlede maand ʼn anonieme wenk gekry oor die liggaam wat langs die N9, in die rigting van Middelburg, gelê het.

Die slagoffer het blonde hare gehad en was netjies geklee in ʼn blou denim en blou hemp. Sy het ʼn wond aan haar kop gehad.

Jooste van Eeden se laaste bekende adres was in Vereeniging in Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Geitjie ·

GEEN BORGTOG VIR DIE MOORDENAARS NIE.!! Hulle verdien nie borgtog nie….

Pensioenaris ·

Iets maak nie vir my sin nie. Sy was van Vereeniging, hulle is in Vereening vas getrek maar hulle moet op Graaff-Reinette verskyn. Of is hulle van daar?

SANDRA ·

sy was heel moontlik daar vermoor, haar lyk was daar gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.