Liggaam buite skool in Kaapstad gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 21-jarige man is Maandag buite ʼn skool in Tafelsig in Kaapstad aangetref.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die liggaam is deur verbygangers gevind.

“Die man het verskeie koeëlwonde opgedoen en is deur paramedici op die toneel doodverklaar,” het Van Wyk gesê.

Die naam van die oorlede is nog nie bekend gemaak nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.