Liggaam by Simonstad dalk dié van vermiste visserman

Argieffoto (Foto: NSRI)

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná die liggaam van ʼn 40-jarige man Vrydag in die omgewing van die Romans Rock-vuurtoring naby Simonstad-hawe gevind is.

Dit is vermoedelik die liggaam van ʼn visserman wat op 20 Februarie in Strand verdwyn het. Die polisie se forensiese patologiediens (FPS) staan die familie by om hom formeel uit te ken.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Vrydagmiddag omstreeks 16:30 ontbied ná berigte ontvang is oor ʼn liggaam wat in die see dryf.

ʼn Branderplankryer het op die liggaam afgekom en alarm gemaak.

“Die polisiediens en die polisie se duikeenheid is ook ontbied saam met die NSRI se reddingsvaartuig, die Donna Nicholas,” het die NSRI Maandag in ʼn verklaring gesê. “Die liggaam van ʼn volwasse man is gevind en aan die FPS oorgegee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.