Liggaam gevind by Vishoekstrand

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

ʼn Man se liggaam is Vrydag by Vishoekstrand in Kaapstad gevind. Die man se lyk was glo aan die haainette vasgebind.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is omstreeks 10:20 deur haaikykers gevind tydens ʼn roetine-ondersoek. Die polisie se duikeenheid het die liggaam uit die water gehaal.

Volgens Van Wyk is die oorledene ʼn wit man tussen 55 en 60 jaar oud. Hy het ʼn geel en blou swembroek en blou duikbril aangehad.

Eyewitness News berig dat die lyk met kabels aan die haainette vasgebind was.
Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannelie ·

Het die man meer as een duikbril by hom gehad? “…en blou duikbrille aangehad.”

Nico Strydom ·

Dagsê Hannelie
Baie dankie vir die terugvoer. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Neptunus ·

“It’s an old Sicilian message. It means Luca Brasi sleeps with the fishes.” – The Godfather, Part I

Marieta ·

AG Tog, Hannelie…get a life! Sou dit nou soveel moeite wees om almal op n beleefde in plaas van sarkasties neerhalende manier bewus te maak van die ou taalfoutjie?

Hanno Visagie ·

Ag tog, Marieta, get a life met jou oorgevoeligheid en oorreaksie!

Neptunus ·

Jy’s in die kol Hannelie. Moet jou nie steur aan diegene wat doelbewus of weens onvermoë nie suiwer Afrikaans kan skryf, en dan soos groen brommers om jou kom draai as jy positiewe kritiek lewer nie.

Charon ·

Die man het seker afgekom op perlemoenstropers en dié het hom vakant gemaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.