Liggaam gevind ná brand by hospitaal

letaba-hospitaal-brand

Argieffoto.

ʼn Liggaam is Woensdag in die puin van Letaba-hospitaal in Limpopo, wat vroeër vandeesweek afgebrand het, opgespoor.

“Forensiese patoloë van die departement en die polisie is by die hospitaal en is besig met ʼn ondersoek,” het Macks Lesufi, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, gesê.

Altesaam 45 pasiënte by die hospitaal moes ontruim word nadat ʼn brand Maandag in die psigiatriese saal ontstaan het. Die pasiënte is na drie ander hospitale in die omgewing oorgeplaas.

Die oorsaak van die brand moet nog bepaal word. Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn forensiese span ondersoek die oorsaak van die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.