Liggaam gevind ná kind by kerkkamp verdrink

Skermskoot uit 'n advertensie oor die Wortelgat-kampterrein in Hermanus (YouTube: http://youtu.be/oaWLd6HjRVE)

Skermskoot uit ‘n advertensie oor die Wortelgat-kampterrein in Hermanus (YouTube: http://youtu.be/oaWLd6HjRVE)

Die liggaam van ʼn 12-jarige seun is Sondag opgespoor nadat hy in ʼn strandmeer by Wortelgat-kampterrein naby Hermanus in die Wes-Kaap verdwyn het.

“Die seun van Khayelitsha se liggaam is Sondag opgespoor,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

Die Nasionale Seereddingsinstituut het Saterdag gesê die seun was een van 36 kinders van Langa en Khayelitsha wat deur ʼn Katolieke welsynsgroep na die Wortelgat-jeugkamp gebring is.

Terwyl die vier kampleiers glo gaan eet het, het die kinders sonder toesig in die strandmeer gaan swem. Drie jeuggroepleiers wat na die kinders moes omsien, was in hul kamers toe die voorval gebeur het.

Toe die leiers van ete af teruggekeer het en die kinders bymekaar wou maak, het hulle gehoor die 12-jarige het onder die water verdwyn nadat sy kano omgeslaan het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.