Liggaam gevind ná plunderaars op waghuis toeslaan

Die liggaam is onder die puin gevind nadat die gebou vroeër vandeesweek geplunder is. (Foto: Emer-G-Med)

Die liggaam van ʼn man is onder die puin van ʼn waghuis gevind nadat dit vroeër vandeesweek ineengetuimel het toe ʼn groep plunderaars daarop toegeslaan het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici het Saterdag omstreeks 23:00 ʼn oproep ontvang vir hulp in die Westmead-gebied naby Pinetown.

“Berigte van die toneel dui daarop dat ʼn vragmotor tydens die onlangse plundering in die waghuis vasgejaag en die struktuur ineengestort het,” sê Van Reenen.

Die eienaars het die perseel later van nader ondersoek en vermoed dat ʼn liggaam steeds onder die rommel vasgekeer was.

“Ons spesialissoek-en-redding- en mediese reaksie-eenheid is saam met die polisie na die toneel.”

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy dertigs, is onder die puin gevind en hidrouliese reddingstoerusting is gebruik om hom te bevry. Hy is op die toneel dood verklaar, sê Van Reenen.

Die moontlikheid bestaan dat die slagoffer moontlik ʼn veiligheidswag was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek hoop hoed slaap lekker in die aand met die wete dat hulle die hele affêre kon stop op dag 1 pffft!

Persheks Adri ·

Windhond, dis amper soos pocket speel met die woord jy gaan dit kan verstaan

Kokerboom ·

Kan daar asb ‘n onafhanklike Kommissie van Ondersoek(net 2 mense) uit privaatsektor aangestel word om regering se aandeel en aanspreeklikheid vir onlangse plundery aan kaak te stel? Hul mag nie daarmee wegkom!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.