Liggaam gevind ná vissermanne arm aantref

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van die man wie se arm vroeër dié week deur vissermanne in die Nkomazirivier in Mpumalanga gevind is, is Woensdag vermoedelik deur polisieduikers in dieselfde rivier aangetref.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê polisieduikers het ʼn man se liggaam tussen riete, sowat 200 m van waar die ledemaat deur vissermanne aangetref is, gevind. Daar word vermoed dat die ledemaat en die liggaam dié van dieselfde persoon is.

Bhembe sê die man se ander arm is nog nié gevind nie.

“Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur na hoe die man se liggaam in die rivier beland en hoe hy albei sy ledemate verloor het,” sê hy.

Die oorlede man is vermoedelik tussen 20 en 28 jaar oud. Hy het swart jeans aangehad toe die polisie sy liggaam gevind het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê vissermanne was op ʼn uitstappie toe hulle die arm in die rivier opgemerk het. Hy het destyds oor dié ledemaat gesê: “Dit is nie duidelik of die arm dalk aan iemand behoort wat albinisme het en of die kleur verander het weens die tydperk in die water nie.”

Mense met meer inligting oor ʼn vermiste persoon of inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Lindiwe Nobungwa by 082 464 6332 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kas ·

Dit is baie interessant.Kon dit die werk van ‘n krokodil gewees het.

m ·

Haha, kas, jy is seker nie ernstig nie… !! WOW… of dalk is Eish.. hier beter.. seriously !!??

CM ·

M, wat is so snaaks… ‘n familielid van my is deur n krokodil opgevreet. Dit is baie moontlik. MAAR dit kan ook moord wees.

Jicaque ·

Ai julle, dink aan die jare toe ins almal in so geval kon dink….ja….die krokodil se kind het hierdie persoon beetgekry. Nou, is almal se heel eerste gedagte…MOORD!! Hoe hartseer is dit dat ons nou basies wéét dat 99% van die gevalle deur ‘n ander “predator ” gepleeg word? Ek kry met baie van die dinge te doen, ongelukkig is ons vriend die krokodil meeste van die tyd onskuldige “fall man”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.