Liggaam gevind ná vloedwater Uber meesleur

Die polisie se soekgeselskap. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ’n vrou, vermoedelik die passasier van ’n Uber-taxi wat die naweek deur vloedwater in Midstream naby Irene meegesleur is, is gevind.

Die soektog na die Uber-bestuurder en ’n tweede passasier duur voort.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die vrou se liggaam is Woensdag vroegmiddag in die Olifantspruit gevind.

“Daar word vermoed dat die vrou die passasier was van ’n Uber-taxi wat Vrydagaand laat in Midstream deur vloedwater meegesleur is.”

Die polisie het ná die voorval ’n soektog van Midstream tot in die omgewing van Irene gelas waar die vrou se liggaam eindelik gevind is.

Mabaso sê die polisie en plaaslike nood-en-reddingsdienste was teen Woensdag laatmiddag besig om die omgewing van die Irene-buiteklub en die Centurionmeer te fynkam as deel van hul soektog na die bestuurder en die tweede passasier.

Die dodetal weens grootskaalse oorstromings in Pretoria en Centurion het nou tot vyf gestyg. Swaar reën het sedert Vrydag oor die Tshwane-gebied uitgesak.

Die polisie se soekgeselskap. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

Mense moet versigtig wees as dit reën en alternatiewe veiliger roetes neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.