Liggaam hang in huis; moord ondersoek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn man gevind is waar dit in ʼn huis in Galeshewe buite Kimberley hang.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se bure het Woensdag die polisie ontbied nadat ʼn slegte reuk hulle onraad laat vermoed het.

Volgens Tawana het die polisie ondersoek ingestel en op Marshall Bogacwi (35) se liggaam afgekom waar dit in die huis gehang het. Sy hande en voete was met kabelbinders vasgebind. Sy liggaam het al begin ontbind.

Tawana het gesê die polisie vermoed Bogacwi is vermoor. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie. Enigiemand met inligting kan die polisie kontak by 08600 10 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.