Liggaam in Audi se kattebak gevind

Foto ter illustrasie.

Die polisie ondersoek ʼn klag van moord nadat die liggaam van ʼn 38-jarige man in die kattebak van ʼn Audi A5 gevind is.

Die motor was in Lothoa Park, Roodepan, buite Kimberley in die Noord-Kaap geparkeer.

Volgens kapt. Bashoabile Kale, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, is die liggaam laat Dinsdagaand ontdek, nadat inwoners van dié gebied gekla het oor ʼn stank wat van die motor afkomstig was.

“Die motor was gesluit en die brandweer is omtrent 23:00 ontbied om die motor oop te breek. Die man se gedeeltelik ontbinde liggaam is toe in die motor se kattebak gevind,” het Kale gesê.

Die slagoffer is deur sy vrou geïdentifiseer as ʼn inwoner van die gebied. Hy is nie as vermis aangemeld nie. Volgens Kale moet die oorsaak van die man se dood nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Botterblommetjie

Hy deur sy vrou geidentifiseer as ‘n inwoner van die gebied…..Nie as vermis aangemeld nie, maar hy duidelik al ‘n rukkie in die kattebak… Fluit fluit haar storie is uit….

melaney

Ek het met heelwat mans gewerk wat ver van die huis af moes werk. Baie van hulle het nie vir hulle familie op ‘n daaglikse basis gekontak nie, eerder elke week of twee maal per naand. Dalk het sy vrou regtig niks snaaks vermoed nie en daarom nie vir hom as vermis aangemeld nie.

Swerwer

Ag nee genade. Wanneer hou dit op, met die Sondeval?

Jakkals Iemand

Nee wat, ek dink ek weet wie is skuldig.

Nozi

Ons weet darem nou aan wie behoort die oorledene, maar wie se audi het daar geparkeer gestaan. My innige simpaties aan die dame wat haar man so tragies aan die dood afgestaan het.