Liggaam in bosse dié van vermiste man

Die liggaam wat Donderdag tussen bosse langs ʼn pad in Fairview in Port Elizabeth gevind is, is geïdentifiseer as dié van ʼn 70-jarige man van die stad wat Dinsdag vermis geraak het.

AO Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê Petrus Johannes Scholtz se liggaam is Donderdag deur sy werkgewer uitgeken.

Volgens Labans is Scholtz vermoedelik Dinsdag die laaste keer lewend gesien nadat hy by die werk weg is. Scholtz het by ʼn elektriese firma gewerk.

“Hy is weg by die werk met die firma se dubbelkajuit-Isuzu-bakkie, maar het nie weer teruggekeer nie. Hy was glo wel by sy huis, maar is daardie aand omstreeks 20:00 daar weg en was sedertdien vermis,” het Labans gesê.

Volgens Labans het Scholtz se werkgewer Donderdag na die polisiestasie gegaan om ʼn saak aanhangig te maak rakende die onderneming se bakkie. Hy het toe te hore gekom van die liggaam wat in Fairview gevind is en het kort daarna die oorledene uitgeken as Scholtz.

Labans het gesê die bakkie is egter nog nie gevind nie.

Maroela Media het vroeër berig Scholtz se liggaam is in die bosse deur ʼn verbyganger opgemerk wat hulp ontbied het. Albei Scholtz se hande en voete was met ʼn nylontou vasgebind en sy kop met kleefplastiek bedek.

Die polisie het vroeër gesê Scholtz is “gewelddadig aangerand”, maar volgens Labans kan die presiese oorsaak van sy dood nog nie bevestig word nie.

Atlas Security, wie se beampte ook op die toneel was, het in ʼn verklaring aangevoer Scholtz is met ʼn byl vermoor.

Labans het gesê ʼn saak van moord word deur die polisie ondersoek en ander sake kan moontlik later bygevoeg word namate die ondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hannelie ·

Beter kon jy dit nie gestel het nie! Ons moet nou begin aanvaar al die moorde is rassisme.

wilma ·

Is die man wat op 4 Julie 2018 by Carnival City vermis geraak het al opgespoor?

Niki ·

Was nie eers bewus van so ‘n geval nie… Was dit op MM gewees?

Ano ·

Die man van Carnival City is opgespoor in die hospitaal. Geen verdere info.

Francois ·

Hy was gemartel en tereggestel/executed omdat hy wit was.

Piet ·

Dis duidelik die man is dood gemartel. Die “cling wrap” word op sy gesig (nie sy kop soos die berig se nie) gedraai om hom te smoor. Die doel daarvan is dat die slagoffer moet besef wat kom, maar niks kan doen met sy hande wat vasgebind is, en ook dat die aanvaller moet sien hoe die lewe sy slagoffer verlaat. Dis besonders siek om te dink die weeraardigheid van hierdie rassistiese aanvalle is algemeen in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.