Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die geslag van die oorledene is nog nie bekend nie.
“Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Mense het die motor sien brand en die polisie ontbied. ʼn Liggaam is in die motor gevind.”
Makhubela sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat hulle steeds die identiteit van die oorledene probeer vasstel.