Liggaam in brandende motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn liggaam gevind in ʼn motor wat glo vroeg Vrydagoggend in Lenasia, suid van Johannesburg, aan die brand gesteek is.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die geslag van die oorledene is nog nie bekend nie.

“Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Mense het die motor sien brand en die polisie ontbied. ʼn Liggaam is in die motor gevind.”

Makhubela sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat hulle steeds die identiteit van die oorledene probeer vasstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.