Liggaam in dam: Familie opgespoor

Argieffoto

Die tiener, wie se liggaam Dinsdag in die Welbedachtdam digby Wepener in die Vrystaat gevind is, se familie is moontlik opgespoor.

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, is dié seun sowat twee weke gelede by die Lesotho-polisie as vermis aangemeld.

Sy familie gaan hom Donderdag by die lykshuis uitken.

Die oorsaak van die tiener se dood is nog nie bekend nie.

Soos vroeër berig, is die liggaam van die tiener deur werkers by die dam sien dryf en die polisie dadelik ontbied. Die tiener was vermoedelik tussen 14 en 19 jaar oud en het glo geen klere aangehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae