Liggaam in Hartbeespoortdam gevind

Hartbeespoortdam. Foto: www.pbase.com

Hartbeespoortdam. Foto: www.pbase.com

Die liggaam van ʼn 26-jarige man is uit die Hartbeespoortdam in Noordwes verwyder.

“Die oorledene, Lucas Tlhabano, was ʼn werknemer van die Transvaal Seiljagklub. Hy het glo alleen op ʼn boot gery toe die brandstof opgeraak het, waarna hy besluit het om kant toe te swem en verdrink het,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vroeër gesê twee werknemers van die Transvaal Seiljagklub het Maandag aan ʼn boot op dié dam gewerk. “Terwyl hulle op ʼn diensboot gewag het om hulle te kom oplaai, het een van die mans besluit om terug te swem. Dit lyk asof die man in die moeilikheid beland het terwyl hy probeer terugswem het.”

Die soektog na die vermiste man is sedert Maandag deur die NSRI se Hartbeespoortdamtak en polisieduikers gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alida ·

Hoekom probeer swem as jy voor jou siel weet jy KAN nie swem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.