Liggaam in kattebak dalk dié van vermiste ma

Gill Packham wat vermis is. Foto: Via Facebook

Die liggaam van ʼn vrou is Donderdagaand in ʼn uitgebrande BMW in Kaapstad gevind, skaars ʼn paar ure nadat ʼn 57-jarige vrou as vermis aangemeld is.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, het by navraag aan Maroela Media gesê Gill Packham (57) is Donderdagmiddag deur ʼn familielid by die Dieprivier-polisie as vermis aangemeld.

Packham is die laaste keer gesien toe sy in haar groen BMW haar huis in Constantia verlaat het.

Volgens die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, is Packham omstreeks 07:00 die laaste keer gesien en was sy op pad na haar werkplek, Springfield Convent School in Wynberg, maar het glo nooit daar opgedaag nie.

Intussen het die polisie laat Donderdagaand op ʼn brandende BMW by die Dieprivier-treinstasie afgekom.

“Nadat die vlamme geblus is, is die gebrande liggaam van ʼn vrou in die kattebak van die motor gekry,” het Traut gesê.

Traut het gesê albei sake word tans deur die polisie ondersoek. “Dit is te vroeg om aan te neem dat me. Packham se verdwyning met die liggaam in die BMW verbind kan word,” het hy gesê.

Packham is getroud en het twee dogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

StruSSbob ·

Dit lyk na di nuwe modus operandi waar n hitman gehuur word om n persoon in n skoolpos dood te maak sodat di pos (teen betaling ) vir iemand gegee word. Siek siek siek

Saartjie ·

Dis darem ‘n wilde afleiding hierdie! Springfield Convent School is ‘n ou, gevestigde privaat-meisieskool met ‘n uitnemende akademiese rekord.

Freud ·

As dit nie bevestig kan word nie hoe kom word haar naam dan gekoppel aan die saak van die brandende motor? Dit is verseker nie in belang van die familie nie.

Justice ·

Die motor se onderstel nommer is seker in die vermiste dame se naam geregistreer – `n logiese benadering.

Selfbeskikking ·

Daar is nie meer logika in die land nie. Selfbeskikking is ons enigste antwoord en ons moet begin onderhandel daarvoor.

Thersia ·

‘n Mens kan maar net hoop dat die persoon reeds dood was toe die motor aan die brand gesteek is…

Elsa ·

Ramaphosa sal eerste en ernstig na al hierdie brutale moorde moet kyk,, ook plaasmoorde moet prioriteit geniet…kan nie so aangaan nie

Verna ·

Dit is onsettend hartseer. Waar gaan ons land heen. Dit is so erg om te sien hoe min daar op TV en koerante gehoor en gedoen word aan die moorde op ons mense en ons boere. Daar word ure op nuus spandeer indien van die ander mense van ons land vermoor word.

Netso ·

RESPEK! Begin daar. Jy kan mos maak wat jy wil of dit nou by jou skool, huis, universiteid noem maar op. Mag die families van die vrou genade van bo kry! Dis ongelooflik erg om nie andwoorde te hê nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.