Liggaam in kattebak dié van vermiste ma; verdagte vas

Gill Packham. Foto: Via Facebook

Die liggaam wat verlede week in ʼn uitgebrande BMW in Kaapstad gevind is, is dié van Gill Packham (57).

Packham is op 22 Februarie deur ʼn familielid by die Dieprivier-polisie as vermis aangemeld. Die polisie het later die aand op ʼn brandende BMW by die Dieprivier-treinstasie afgekom. Nadat die vlamme geblus is, is die gebrande liggaam van ʼn vrou in die kattebak van die motor gekry.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê DNS-toetse het bevestig die liggaam is dié van Packham. “Speurders het onverpoos aan die saak gewerk en gisteraand ʼn 57-jarige man by sy huis in Constantia in hegtenis geneem in verband met die moord op Packham.”

Van Wyk het gesê die verdagte se naam kan nie in dié stadium bekend gemaak word nie. Hy sal Maandag in die Wynberg-streekshof verskyn waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die familie van die oorledene het versoek dat hul privaatheid gerespekteer word en gesê ʼn verklaring sal later uitgereik word.

Packham is die laaste keer gesien toe sy in haar groen BMW haar huis in Constantia verlaat het. Sy was omstreeks 07:00 op pad na haar werkplek, Springfield Convent School in Wynberg, maar het nooit daar opgedaag nie.

Packham was getroud en laat twee dogters agter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Saartjie ·

‘n Berig op Netwerk 24 sê Rob Packham (haar man), is in hegtenis geneem.

Hannelie ·

Ja hoekom??? Hoe kan enige iemand moord pleeg? Party mense het net nie meer ‘n gewete nie.

DewaldS ·

Liewe genade. Dis net moord en doodslag. Die hele land het mal geword.

Haibo ·

Altyd die ‘hulle privaatheid moet gerespekteer word’. Die publiek mag help soek na die vermistes en mense mag leidrade opvolg en inligting deurgee maar ‘die familie se privaatheid moet respekteer word’. Dit voel altyd so vir my soos ‘n klap in die gesig van almal wat GEHELP het om die skuldige/s vas te trek. Verskil maar van my, maar dit is hoekom mense later onttrek en nie meer betrokke raak nie . hou dit dan maar privaat, dit is nou nie asof EK julle gaan bel nie.!

$ ·

Haibo, die vrou was vermis. Daar is na haar gesoek, haar liggaam is gevind. Dit is bevestig dat dit sy is.

Wat wil jy verder met die familie te doen hê? Hulle het ‘n diep seer om te verwerk. Dink jy hulle wil die pad van pyn wat hulle nou moet stap met elke vreemde Jan Rap en sy maat deel? Watter belang het jy nou by hulle, behalwe om sensasie te soek? Hulle weet ook nie waarom nie, hoe nou vorentoe, hoe hulle die pyn gaan verwerk nie. Hulle sit met baie vrae, net soos jy. Die verskil tussen hulle vrae en jou vrae is dat hulle vir haar lief was, seer het, stukkend is – daarenteen vind ek moeilik enige ander rede vir jou verontwaardiging omdat hulle vra dat hul privaatheid gerespekteer word, as blote nuuskierigheid en sensasie-soekery.

Mag soiets nooit oor jou pad kom nie – as dit sou, sou jy dalk begrip vir die familie se wens kon toon as jy self ook in hulle skoene gestaan het.

Sue ·

Haibo, ek stem saam met jou. Die minste wat enigeen wat van ons (die publiek) gebruik maak kan doen is om n kort onderhoud toe te staan. Ek raak ook negatief oor die “almal moet help soek, laat geen klim ongeroer nie” maar vind die publiek iemand, is dit van… “ons het niks te se nie, respekteer ons privaatheid”. Welll… wat sal mens se.

Pieter ·

Hoekom vat dit net meer as ‘n week om die DNS totse af te handel in die Kaap, maar in die Mooinooi geval is dit al meer as twee maande? Wys net hoe dit kan werk as mens net wil!

jaco ·

Mooinooi vermoordes het ‘n plaas besit. Met Ramaphoza se grondgryp planne is dit dus “goed” dat die mooinooi vroue dood is, want dit maak die afvat van hulle plaas soveel makliker. So waarom nou omgee oor Dis-toetse…

Hilda ·

Ja, wil ek ook weet!!! Hulle sloer wragtag onnodig op die Mooinooi saak.

Hanlie Wiese ·

Dis absoluut hardverskeurend dat nog ‘n vrou deur die’ mens wat haar moes beskerm doodgemaak is. Nog ‘n huisgesin verwoes. #metoo

Rupert Ashford ·

Gewoonlik is huisgesinne lankal verwoes teen die tyd wat dit tot sulke dade oorgaan. Ons verskeur mekaar met ons tonge agter toe deure en dra ons maskertjies soos ‘n kat in die openbaar. Die “Gentle Healer” het nie verniet gese as jy iemand uitskel dit so goed is soos jy hom/haar fisies leed aangedoen of vermoor het nie.

Ada ·

Privaatheid beskerm die kinders.Hou dit asb ingedagte.Haibo sou jy dit nie ook so wou gehad het indien jy tiener kinders gehad het?

Adriana ·

Haibo hou aan met die goeie dade want jy sal geseen wees maar hou die kinders in gedagte veral as hulle nog op skool is
Dit moet n nagmerrie vir julle wees.

Louise ·

Die familie het dalk betaal dat dit privaat gedoen word???

Jef ·

Hoekom word misdadigers altyd die geleentheid gegee om vir borgtog aansoek te doen en wat is die nut daarvan?
Ek sou se hou sulke mense in gevangeniskap tydens hul verhore want sodra hul gevang is moet hul geen regte meer he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.