Liggaam in meer by Centurion-winkelsentrum

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn onbekende man is Maandagoggend in die meer by Centurion Mall in Gauteng opgespoor.

Ao. Hero Gumbu, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn veiligheidswag het omstreeks 06:30 die gebied gepatrolleer toe hy die man se liggaam gesien het.

Polisieduikers het die liggaam uit die water verwyder. “Die man het slegs ʼn bruin broek en gordel aangehad,” het Gumbu aan Maroela Media gesê. “Die man se identiteit is onbekend. Hy is ʼn swart man en tussen 30 en 35 jaar oud.”

Dit is nog nie bekend hoe die man se liggaam in die meer beland het, of hoe lank dit in die meer was nie. “Die man het geen sigbare wonde nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het Gumbu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

“n Mens kan skokkend eerlik wees en dink die ou is dood van die vieslike water in die kastige meer. Die anc het ‘n vrot toilet van die voormalige 1e wereld meer met sy pragtige waterorrel gemaak. Ek wonder hoe trots hulle op die gemors is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.