Liggaam in natuurreservaat gevind

Foto: NSRI via www.devsa.co.za.

Die liggaam van ʼn vrou, wie se ouderdom onbekend is, is Sondagmiddag op ʼn strand in die Wolfgat-natuurreservaat in Kaapstad aangetref.

Vaughn Seconds, bevelvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) in Strandfontein, het gesê die NSRI is Sondag om 16:44 in kennis gestel van die liggaam van die vrou wat onder ʼn krans op die strand in die reservaat gevind is.

“Toe ons span daar opdaag, was die polisie en beamptes van die Kaapstadse brandweer reeds daar. Haar liggaam is op die Spirit of Grandwest-reddingsboot geplaas en na die NSRI se basis in Strandfontein geneem waar die liggaam aan die polisie oorgegee is,” het Seconds gesê.

Dit is onduidelik hoe die vrou se liggaam op die strand in die natuurreservaat beland het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.