Liggaam in ouetehuis-vrieskas gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat ʼn 76-jarige man se opgekapte liggaam in ʼn vrieskas in ʼn ouetehuis gevind is.

“Die 20-jarige verdagte van ʼn informele nedersetting naby Nelspruit, was vrygelaat op borgtog op vier aanklagte van moord toe die bejaarde man vermoor is,” het Jabu Ndubane, woordvoerder van die Pienaar-polisie, gesê. “Die man se liggaamsdele is Woensdagmiddag gevind nadat ʼn gedeelte van sy liggaam, wat in ʼn asblik gegooi is omdat dit nie in die vrieskas kon pas nie, sleg begin ruik het.” Lede van die gemeenskap het die polisie ontbied.

“Die bejaarde man, wat slegs bekend gestaan het as Mkhulu, is vermoor en sy liggaam is opgekap en in ʼn vrieskas geplaas,” het Ndubane Donderdag aan ʼn News24-korrespondent gesê. “Die bejaarde man is ʼn week gelede laas gesien.”

Die vrieskas is glo gebruik om hoenderporsies vir die ouetehuis te berg.

“Die polisie is na die verdagte gelei nadat hy sy sussie met ʼn mes aangeval het en haar plasenta en hart geëis het. Sy het die aanval oorleef en die verdagte is in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg.

Hy sal na verwagting Maandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. “Aangesien hy reeds op borgtog vrygelaat is, verwag ons nie dat hy weer op borgtog vrygelaat sal word nie, omdat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.”

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jo ·

Nou vra ek met trane in my “navy-blue eyes” hoe op hierdie aarde, laat hulle iemand wat op aanklag van 4, ja 4 moorde opgesluit was, op borgtog uit???? Dit is om van te huil.

Peet Schabort ·

Jo, dit lyk asof hy nie eers opgesluit was wat dit NOG erger maak. Seker nie ‘genoeg’ bewyse en laat hom dan maar loop. Hopelik het hul nou genoeg bewyse anders moet hul hom nóg ‘n kans gee.

CHRISTA ·

Ek verstaan ook nie hoe ‘n man wat op 4 AANKLAGTE VAN MOORD teen hom het op borgtog vrygelaat word nie!!! Dalk sal dit vir ons regters/magistrate ‘genoeg bewyse’ wees as een van hulle familielede deur hierdie man aangeval of vermoor word!!!

Griki ·

Jo, dit gaan my verstand ook te bowe. Dit gebeur oor en oor dat gevaarlike misdadigers borgtog kry en dan oortree terwyl hulle op borgtog is. Dit lyk my die howe gaan nooit leer nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie, die vingerfout is reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CHRISTA ·

Peet, wil jy nie asb as onderwyser in ons skole gaan werk nie? Dan sal ons leerlinge almal met ONDERSKEIDINGS slag!!! Onderwysers is reeds so skaars soos hoendertande!!

George van Centurion ·

Ek is sprakeloos. Dit gebeur net in Suid-Afrika……..

Maggie ·

Borgtogvoorwaardes?
“Nou toe Gampie. Jy word aangekla daarvan dat jy 4 mense vermoor het. Gaan nou eers bietjie huis toe en kom weer volgende maand hof toe – en O ja! Moet tog nou nie weer iemand doodmaak nie hoor anders gaan ons nie daarvan hou nie. As jy aangekla word daarvan dat jy 5 mense vermoor het, gaan ons ernstig daaraan dink dat jy dalk nie borgtog moet kry nie.”

Nicolene ·

Ag nou waarom hom nou nie maar weer op borgtog vrylaat nie – dis mis die tendens hier in SA???

Connie ·

Ons leer ons kinders dat hulle die polisie moet vertrou en dis hul vriende. Maar ons kan nie meer dit se nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.