Liggaam in plantasie gevind; familie van bruinkopman gesoek

(Foto: SA Polisie)

Die Machadodorp-polisie in Mpumalanga is op soek na die moordenaar en die familie van ʼn jongerige wit man wie se liggaam Maandag in ʼn plantasie buite die dorp gevind is.

Hy is oënskynlik ʼn enkele keer in die bors geskiet.

Die man, vermoedelik in sy 20’s of 30’s, het bruinerige, kort hare. Hy is sowat 2 m lank, weeg naastenby 120 kg en het heelwat tatoeëermerke, onder meer ʼn tatoeëermerk van twee kinders op een van sy bo-arms.

Maroela Media het verneem werkers in die gebied het sleepmerke in die plantasie gesien en afgekom op ʼn plek waar die grond versteur is. Hulle het glo ondersoek ingestel en die man se liggaam in ʼn vlak graf gekry.

Hy was nie ten volle geklee nie en geen vorm van identifikasie is by hom gevind nie.

Die man is waarskynlik Sondag of Maandag vroeg vermoor.

Enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, ao. Sticks van den Berg, by 082 318 9857 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Melanie ·

Hoop sy familie word gou gevind.. Iemand iewers weet iets.. Mag reg geskied

Genis ·

Ai Serfaas, Zuid Afrika heet soos ene erge riller film te wees…

lollapot ·

So tragies. . . Hoop sy mense word gou opgespoor, asook die moordenaar of moordenaars!

Grens ·

Ek hoop maar nie die familie is dalk betrokke nie. Skoot deur die bors en toe gaan begrawe. Gewoontlik los aanvallers jou net daar. Klink of iemand die moord wou wegsteek.

Natasja ·

Hartseer! Ons wereld het in n grap verander waar n ander se lewe niks werd is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.