Liggaam in rivier gevind

Paramedici by die Dusi-rivier waar ‘n man se liggaam gevind is. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 60’s, is in ʼn rivier in Pietermaritzburg gevind.

Volgens ʼn verklaring deur ER24 is die man se lyk in die Dusi-rivier in Alexandra Park gevind.

“Toe ER24 se paramedici en die polisie se soek-en‑reddingseenheid Dinsdag net ná 12:00 op die toneel aankom, het hulle die liggaam in die rivier aangetref,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.

“Reddingsduikers het die liggaam uit die rivier gehaal en dit op ʼn nabygeleë rivierwal neergelê.” Volgens Meiring het medici die man ondersoek en bevind dat hy al ʼn hele ruk reeds dood was. “Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring sê die presiese gebeure rakende die man se dood is nog nie bekend nie en die plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.