Liggaam in sel glo dié van reeksmoordenaar

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die liggaam wat Maandag opgehang in ʼn tronksel in KwaZulu-Natal gevind is, is dalk dié van ʼn beweerde reeksmoordenaar wat die afgelope maand inwoners van dié provinsie geterroriseer het.

Polisieminister Bheki Cele het Maandag gesê Siphamandla Khomo, wat na bewering die hoofverdagte in die moorde op vyf vroue en kinders in Mtwalume was, het skuld op die moorde beken.

Inwoners van Umzumbe in KwaZulu-Natal het gevrees dat ʼn reeksmoordenaar in dié gebied aktief is nadat die liggame van vyf vroue in twee weke in dié gebied gevind is.

Maroela Media het vroeër berig die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn man terwyl hy in polisie-aanhouding in Scottburgh in KwaZulu-Natal was. Die aangehoudene is van moord aangekla en het homself klaarblyklik in sy polisiesel opgehang. Volgens Cele is Khomo (41) dié oorledene. Sy liggaam is Maandag vroegoggend opgehang in die stort in sy sel gevind. Hy het homself glo met die tou van sy sweetpakbroek opgehang.

Bheki Cele (Foto: Maroela Media)

Hy en nog ʼn ander verdagte is glo van die moorde aangekla en sou Maandag in die hof verskyn. Hulle is in die Scottburgh-polisiestasie aangehou. Die tweede verdagte is intussen weens ʼn gebrek aan bewyse vrygelaat, het Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

“Wat ook al ons tans oor sy [Khomo] dood sê, is bloot spekulasie. Opod moet sy dood nou ondersoek, soos die wet vereis,” het Cele Maandag buite die Umzumbe-landdroshof gesê.

Cele sê die saak van die moorde word nog ondersoek en dat die polisie vermoed daar kan moontlik nog slagoffers wees. Die moorde het na bewering almal tussen April en Augustus vanjaar plaasgevind. “Ons het nog vier kenners van Pretoria gestuur om die span in KwaZulu-Natal te ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks

Groot hoed waar’s jou masker huh? Jy is ook soos ‘n fiets as ons jou sien moet jy getrap word! Beteken net mooi niks vir ons nie! Dan sê jy die misdaad word minder regtig? Moet nie my intelligente onderskat nie

marius

Was hierdie foto gister buite die hof geneem ? Indien wel moet daar onmiddelik aangedring word dat almal toegesluit word . Anders word daar geplunder .