Liggaam in tas: Kêrel wil eie verdediging behartig

Nosicelo Mtebeni se liggaam is in ʼn tas gevind. (Foto: Fort Hare Alumni Chapter/Facebook)

Alutha Pasile (25) wat verlede maand in hegtenis geneem is nadat sy vriendin se liggaam in ʼn tas langs die pad gevind is, verkies om homself in die moordsaak te verdedig.

Pasile het Dinsdag weer vlugtig in die Oos-Londense landdroshof verskyn in verband met die moord op Nosicelo Mtebeni (23), ʼn regstudent aan die Fort Hare-universiteit (UFH) se Oos-Londen-kampus, wie se liggaam in Augustus in ʼn tas in Quigney aangetref is. By die tas was ʼn swart sak met ander liggaamsdele.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê Pasile het gedurende die verskyning gemeld dat hy nie aansoek om borgtog sal doen nie en sy eie verdediging sal behartig.

Dít nadat ʼn ooggetuie verlede maand glo gesien het hoe Pasile met ʼn pers tas en ʼn swart sak sy huis verlaat. Dié beskrywing het ooreengestem met die sakke waarin Mtebeni se oorskot gevind is.

Die paartjie het saamgewoon ten tyde van Mtebeni se moord.

Pasile is kort daarna in hegtenis geneem en staan nou tereg op aanklagte van moord en regsverydeling.

Hy sal na verwagting weer op 9 November in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

Skokkend! En nou BLM? Weereens doodstil. Wat noem n mens die tipe van wese wat so daad pleeg?

Pablo ·

It is just shocking how these acts of Barbarisme have become the norm.

marius ·

Tot hy vasbrand , dan gil hy vir ‘n prokureur . Dis altyd dieselfde storie .

Swerwer ·

Kan nie sien dat hy aansoek vir borgtog kan doen nie. So ‘n pragtige jong dame wat haar lewe moes boet
dit is en bly verskriklik

Misky ·

Dis reg, los hom sodat hy lekker lank kan tronk toe gaan. Hy dink hy is baie slim

Belinda ·

plaas hy net admit dat hy skuldig is en niemand se tyd mors nie. hy sal in elk geval seker in 2jaar vrygelaat word.. is mos lekker in SA. hierdie is die land van die kriminele.

koos10 ·

Hy is after all ‘n regsstudent by die beste universiteit in die land (dis is baie sarkasies bedoel).

Laat hom begaan, dat hy kan agter kom daar is geen plaasvervanger vir ondervinding nie!

Elize ·

Daar moet iets met iemand verkeerd wees wat iemand so kan opkap.

Anoniem ·

Leer die arrogante kriminele dan nooit iets uit die geskiedenis nie? Selfs Ted Bundy het sy luck getry deur sy eie “verdediging” te behartig en kyk waar het hy opgeland ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.