Liggaam in uitgebrande motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Liggaam is Maandagoggend in ʼn uitgebrande motor se kattebak in Floridapark, Johannesburg, gevind.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê paramedici is na die toneel in Kerkstraat ontbied. Brandbestryders het die brand geblus waarna die liggaam in die kattebak gevind is.

Volgens Mulaudzi is die liggaam nie heeltemal verkool nie. Dit sal dus moontlik wees om dit te kan uitken. “Die saak is aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek. Daar was niemand anders op die toneel met die paramedici se aankoms nie.”

Die oorsaak van die brand sal ook ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.