Liggaam in veld wel dié van vermiste Ellisras-vrou

Monique Barnard

Monique Barnard

Die liggaam wat in Mei in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo gevind is, is dié van die 19-jarige Monique Barnard.

Ao. Frans Mokoena, woordvoerder van die polisie, het gesê DNS-toetse het bevestig die erg ontbinde lyk wat op 6 Mei gevind is, is dié van Barnard, wat ook as Monica bekend gestaan het. “Die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Maroela Media het vroeër berig Barnard het glo in die vroeë oggendure van 7 April die woonstel wat sy met haar kêrel deel, verlaat. ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. Die saak het egter ʼn wending geneem nadat verbygangers op 6 Mei die erg ontbinde liggaam gevind het.

Louise Loubser, Monica se ma, het vroeër aan Maroela Media gesê sy en haar dogter het nog die aand voor haar verdwyning op WhatsApp gesels. “Ons het nog gelag en grappies gemaak. Toe ek haar egter die volgende oggend bel, was haar selfoon se stempos aangeskakel. Later die dag het ek weer probeer, en haar selfoon was nog steeds afgeskakel.

“Toe ek haar die Donderdagoggend probeer bel en weer net by haar stempos uitkom, het ek onraad gemerk. Ek het haar kêrel, by wie sy tuisgegaan het, gebel en hy het gesê sy is die oggend omstreeks 01:00 weg,” het Loubser gesê.

Lees alle vorige berigte oor Monique Barnard op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Karma ·

Aggenee!!! Ek het so gehoop dat sy veilig gevind sou word ….. :-(((

Baie slegte nuus ·

Dit is regtig baie slegte nuus, sterkte aan haar Ma. Ek hoop jou skuldige word vasgetrek en uitgesorteer. Dit is net vir my so hartseer dat haar lewe so min beteken het……. Sy is ook ‘n mens net soos elke vrou, sy was veronderstel om deur die reg en Mense Regte Komissie beskerm te word.

Mooiheid ·

Mooiheid en ‘n sagte liefdevolheid straal uit jou oê, jou dood is soooo onregverdig!!!!!!!!

Maria ·

Ja geen lewe meer iets werd en veral vrouens sagte teikens en nou ja straf vir moord . Wat kan mens sê. .

Janet du Toit ·

Ons innige simpatie met die familie en naasbestaandes Sterkte. Pprus

CHRISTA ·

Vir my is dit nie baie duidelik nie: Wat maak sy 1h00 die oggend op die pad?

Sê maar net ·

Sy en haar kêrel het baklei. Ek hoop regtig geregtigheid sal geskied met haar en haar familie. So onnodig, regtig onnodig.

El ·

Klink baie verdag. Hoekom het vriend niks gesê of aangemeld nie?

Buitestander ·

Ons dink met mede aan u en ons innige empatië met die afsterwe van jou dogter. Dit is baie erg as ‘n ouer/s. ‘kind’ moet degrawe.

Skuldige/s sal wel aan die pen ry, al is dit met sy/hul gewete!

Se maar net ·

Ek het al 1 uur die oggend pad gevat toe my man my geslaan het ..5km ver geloop met n af voet ..Lang pad het security by n plek vir my gese i want to sex you ..Ai dank Vader ek was beskerm tot by skoonsus se huis die dae kan mens net nie

E.K. ·

Sê maar net: nee jinne tog! Ek hoop nie ander volg jou voorbeeld nie! Meisies maak seker dat jy een of ander kodewoord het wat jy aan jou ouers gee sodat as jy hul bel te eniger tyd en die woord sê, hul jou kom haal. Moet nooit net die pad vat nie asb!

Lyla ·

Baie sterkte aan haar vriende en famielie. Mag God julle anker wees deur hierdie moeilike tyd.

ANDRE ·

Dit is erg ! n Baie traumatiese ervaring vir die ouers .Hoop nie die rede agter die tragedie is erger nie.

Sê maar net ·

Ek hoop die Goeie Vader gee dat geregtigheid hier sal geskied, dat die wat dit aan haar gedoen het met hulle gewete moet saamlef en swaar gestraf raak. Mag die polisie vinnig antwoorde kry en di skuldige aan di pen laat ry

Joann ·

Mansslag of 6jr.tronkstraf. Met spesiale vergunning. Ai so jammer vir ouers

So hartseer ·

Ai, dit is so hartseer. Ek het so gehoop dat dit nie jy is nie pragkind! Ek hoop regtig ten harte dat die skuldige gevang gaan word. Daar moet sekerlik iewers iemand wees wat iets gesien het wat kan help. Al is dit hoe klein, hoop ek regtig iemand kom na vore… Sterkte aan die mamma, famielie en vriende, mag Jesus jou bitter styf vas hou deur hierdie tyd. Ai kind :-( xxxxxxxxx

Anie ·

As ek reg onthou kan mens in nood net die nommer 112 skakel. Dalk moet dit bevestig word om te sien of dit werk…

Pendoring ·

112 Werk en op die meeste slimfone werk 911 ook. Dit neem net ‘n ruk voor iemand antwoord. Hulle het eers ‘n relaas oor die gebruik van die diens en wat jou gaan oorkom as jy dit misbruik. 3 minute is darem nie te lank om te wag nie.

Anitha ·

Ek wonder nou net waar is all die mense wat so klippe gegooi het nou. Nou is my maatjie se dogter regtig weggeruk uit haar lewe. Will will nou nog n stok hêhaar te slaan? Hierdie mamma het bitter seer. Sy is Aleen sonder n eggenoot om te help en te troos wanneer die verlange in die donker nagte te veel word

Elaine ·

Pendoring ek stem nie met jou saam nie. 3 minute is lank en kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

brenda ·

stem saam! ek het op n plaas gebly buite die dorp; ek was alleen een aand; my stoor is geplunder en hulle het tot op my stoep gekom; ekt die SAPD gebel op noodnommer; hulle het die volgende dag eers by my aangekom; dis 8minute se ry uit dorp; hulle neem 10minute om fone te antwoord! pateties; hele sisteem pateties.

So Sad ·

Ons land is soooo sad so onnodig, so swak. ‘n Dame moet enige tyd van die dag of nag enige plek kan beweeg en veilig wees. Jy kan in Europa, enige tyd in die nag rondloop, daar sal natuurlik gedink word jy is ‘n dame van die nag, maar jy sal veilig wees, hoekom, want daar is wette wat gehoorsaam word en as jy nie skyt jy in die regstelsel en in die gemeenskap!!!!! Dit is gevaarlik daardie tyd van die nag, ek hoop regtig nei die stemmetjie in my agterkop is waar nie, ek dink nie sy was uit in gevaar nie, sy was by die gevaar. Indien sy uit was is dit ook op jou kerel, jy weet ons land het nie beskerming, regte en wette vir gehoorsame weerlose burgers nie, hoe kon jy nie maar haar Ma bel en sê kom vat jou dogter nie! Aan hierdie Ma, liefde liefde, genade.

johan koekemoer ·

Maak nie saak watter tyd sy op die pad was nie. As jy Christa moes hospital toe jaag ,gaan ons dan ook vra wat maak jy op die pad 01am?

Louise Loubser ·

Dankie vir soveel mense wat nog empatie en simpatie vir ander se leed en pyn voel. Ten spyte van my ou vroutjie se foute en verkeerde keuses en seer agv die imperfeksie van die lewe, was sy ook ‘n pragtige omgeekind met helende handjies, kunstig, sportief met Mpumalanga kleure vir akrobate, ‘n ongelooflike humorsin en ten spyte van als iemand wat kinderlik in die goedheid van ander geglo het. Ek mis jou my pop. Kan nie wag vir ons weersiens nie. Mamma ♡♡♡

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.