Liggaam in verlate myn gevind

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Onbekende man se liggaam is in ʼn reservoir van ʼn verlate myn in Deelkraal, Carletonville, gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het ʼn man met sy gesig na onder in die reservoir gevind.

“ʼn Reddingspan het gehelp om die man na die oppervlak te bring, maar het toe gesien hy was reeds dood. Dit lyk asof die man al ʼn ruk lank dood was,” het Meiring gesê. Dit is nie duidelik wat die man se dood veroorsaak het nie.

Volgens Meiring is die polisie na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Watter les kan ons hieruit leer? Keer terug na God drie enig en ons in RSA sal lewe tot eer van God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.