Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het ʼn man met sy gesig na onder in die reservoir gevind.
“ʼn Reddingspan het gehelp om die man na die oppervlak te bring, maar het toe gesien hy was reeds dood. Dit lyk asof die man al ʼn ruk lank dood was,” het Meiring gesê. Dit is nie duidelik wat die man se dood veroorsaak het nie.
Volgens Meiring is die polisie na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Watter les kan ons hieruit leer? Keer terug na God drie enig en ons in RSA sal lewe tot eer van God.