Liggaam in vlak graf gevind

Argieffoto

ʼn Liggaam van ʼn tienerseun wat sedert Dinsdag vermis was, is Woensdagoggend in ʼn vlak graf in Kaapstad gevind.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, het gesê die liggaam is in die omgewing langs Symphonyweg in Delft gevind.

“Die polisie is na ʼn beboste gebied ontbied waar ʼn hand by die grond uitgesteek het,” het Van Wyk gesê. Die persoon het geen identifikasie by hom gehad nie.

Die polisie het met dié gru-vonds van die staanspoor die moontlikheid ondersoek of dit die liggaam is van ʼn 14-jarige seun van Delft-Suid wat Dinsdagaand deur sy ouma as vermis aangemeld is.

Die seun is intussen deur sy ouma uitgeken.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is onbekend. Hy het ʼn wond aan die regterkant van sy kop opgedoen en sy gesig was geswel.

Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Dis wreed. Wens mense wil nie meer alleen iewers heen loop nie. Dis nie meer moontlik in Suid-Afrika nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.