Liggaam in water naby Bloem-waterfront aangetref

Foto: Verskaf.

’n Man, vermoedelik 31 jaar oud, se liggaam is Woensdagmiddag in ’n dam naby ’n  waterfront in Westdene, Bloemfontein, opgespoor.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die polisie se soek-en-reddingspan het hulle na die toneel ontbied.

“Mense wat daar verbygeloop het, het glo die man se liggaam in die water sien lê en onmiddellik die owerhede in kennis gestel,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het die polisie die man se liggaam uit die water gebring en paramedici het hom toe ondersoek. “Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede rondom die man se dood is nie in dié stadium bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wonder maar net ·

Hello Marietjie

Jong daar was al lank terug ook voorvalle waar liggame daar uitgehaal was. Ek het lank in Bloemfontein gebly. Maar in skaars n maand uitmekaar is dit die 2de liggaam die jaar. Maar daar is baie meer voirheen as net die 2 gevalle.

Lekker daggie vir jou

Lana ·

Ja. Ander een was student. Daardie berig was op Maroela – 19 Augustus.

Zettie ·

“Naby ‘n waterfront in Westdene …..” – Bfn het net een waterfront?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.