Liggaam langs pad buite Bloemfontein gekry

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ’n man, vermoedelik 40 jaar oud, is Sondag langs die pad naby Bloem Industria buite Bloemfontein in die Vrystaat gevind. Die oorledene was glo eers aangerand voordat hy vermoor is.

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, sê veewagters het Sondag omstreeks 15:45 op die liggaam afgekom. Die liggaam was reeds gedeeltelik ontbind.

Makhele sê die oorledene was vol kneusplekke en sy hande en voete was met kabelbinders vasgebind. Daar was ’n lap in sy mond gedruk en met kleefband toegeplak.

Die oorledene het ’n denimbroek, oranje T-hemp, baadjie en rooi sokkies sonder skoene aangehad.

’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die oorledene moontlik elders vermoor is voordat sy liggaam langs die pad gelaat is.

Makhele het Dinsdagoggend gesê hulle kon steeds nie die oorledene identifiseer nie.

’n Saak van moord is aanhangig gemaak.

Enigiemand wat inligting oor die voorval het of dalk weet wie die oorledene kan wees, kan die ondersoekbeampte, Thando Ntlawatini, by 073 430 6746 bel of 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hekwag ·

Hoeveel keer moet mens vra – wit, swart, geel, pienk…..????

Delon ·

ja nee , ek wens mense wil nou oor hierdie belaglike polities korrekte kommunistiese grappie kom , beskryf die persoon , hoe lank , vet , kleur , beskryf sy gesig
dan kan mense dalk help

Anel ·

Hoe kan daar gehelp word met sulke min inligting? Ras, lengte, kleur hare, lank, kort, dalk sy kleur oë, tatoeëermerke, ens.

Stofdonkie ·

Enige beskrywing van die vermoorde kan dalk help om makliker inligting te kry, jy weet soos byvoorbeeld “blanke man ongeveer 1,72m met donkerker kort hare en vol baard”. Hoe word daar inligting gevra maar geen beskrywing nie?

Deon ·

As daar te veel inligting gegee word dan kan iemand dalk help en dan moet die gereg dit dalk opvolg… En dit is werk…. Wie wil dan nou werk as jy verniet kan pay

Cathy ·

Hoe kan mense met so ondersoek help met sulke vae beskrywings. Skakel onnodige details uit en begin met nasionaliteit, logistiek en verhoed ook so onnodige paniek en twyfel en kommer uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.