Liggaam met ses skietwonde in reservaat gevind

crime scene tapeʼn Onbekende middeljarige man se liggaam is Dinsdag in ʼn veld by die Suikerbosrand-natuurreservaat naby Heidelberg in Gauteng opgespoor.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê mense wat gras vir grasdakke gesny het, het naby ʼn grondpad op die liggaam afgekom.

“Die man is ses keer in sy bolyf geskiet,” het Tshilate gesê.

Volgens Tshilate is dit nog nie bekend hoe lank die man se liggaam in die veld gelê het nie, en die polisie se nadoodse ondersoek sal die besonderhede bepaal.

Die man het ʼn vlootblou mussie, ʼn vlootblou baadjie, ʼn rooi T-hemp, swart sweetpakbroek en wit drafskoene aangehad toe hy gevind is. Hy is donkerbruin van gelaat en is 1.8m lank, het kort hare en ʼn kort snor en baard.

Die Heidelberg-polisiestasie ondersoek ʼn saak van moord.

Die polisie versoek enigiemand wat die man kan identifiseer, of wat meer inligting oor die moord het, om kapt. Senzosenkosi Shabane by 016 341 5175 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EMK ·

WAs ruk gelede mos op ek dink, Carte Blanche HOE gevaarlik die plek is, mense wat gaan stap word aangeval. Drade word geknip deur skelms goed word gesteel ens ens. En so ‘n pragtige plek!

Gompie ·

Donkerbruin van gelaat. Gits, wat beteken dit? Nee regtig, dit raak nou belaglik. Sal die ondersoek nie vinniger verloop as mens kan weet wat die ras is nie? Dit is mos nie rassisme nie!

EMK ·

@Gompie – ek stem saam! Donkerbruin van gelaat kan bv Indiër wees, of ook ‘n blanke met ‘n blas vel of, of… die kastige politieke korrektheid…

Belinda ·

Ek wens hulle meer spesifiek se Heidelberg Gauteng of in die Kaap………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.