Liggaam onder bad gevind

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggaam van ʼn Oos-Kaapse vrou (34) wat al langer as twee jaar vermis word, is Maandag onder ʼn bad in haar huis in Butterworth gevind.

Die vrou se 43-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem en sal Woensdag in die landdroshof op dié dorp op aanklagte van moord verskyn.

Volgens kapt. Siphokazi Mwaisa, polisiewoordvoerder, het die verdagte sy vrou op 3 Julie 2019 as vermis aangemeld.

Die saak is ondersoek, maar het niks opgelewer nie.

“ʼn Familielid het opgemerk dat die bad nie meer aan die vloer vas was nie en onraad vermoed.

“Die polisie is in kennis gestel en beamptes is na die huis ontbied waar hulle die vrou se oorskot onder die bad gevind het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie J ·

Wys jou net, sy luiheid om selfs net die bad behoorlik terug te plaas, het hom nou gebyt!!!

Anoniem ·

Ek kan nie dink hoe iemand sy eie vrou of kinders kan vertmoor nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.