Liggaam op kleinhoewe by PE gekry

Argieffoto: SAPD

Die liggaam van ʼn 67-jarige man is Maandagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe by Rocklands naby Port Elizabeth ontdek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die man se tuinier het op die liggaam afgekom. Die werker het oudergewoonte by die werk aangekom en by die huis gaan aanmeld. Hy het gesien dat sy fiets nie in die tuinskuur was nie.

“Die deur en die veiligheidshek was oop. Hy het geroep, maar het geen antwoord van die huiseienaar gekry nie. Hy is daarna terug na die tuin.

“Die tuinier het agterdogtig geraak toe die eienaar egter glad nie te voorskyn kom nie. Hy is terug na die huis en het weer na hom geroep. Hy het steeds geen antwoord gekry nie en is die huis in. Hy het die huiseienaar [se liggaam] in die woonkamer aangetref, met sy hande en voete vasgebind. Hy het ook ʼn kopwond gehad,” het Naidu gesê.

Die tuinier het na die bure gehardloop en van daar hulp ontbied.

“Die huis is geplunder en die kluis is oopgemaak, maar dis nog onduidelik wat gesteel is,” het Naidu gesê.

Die man het alleen gewoon en sy naasbestaandes moet nog in kennis gestel word.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met wenke wat die polisie in hul ondersoek kan help. Enigeen met inligting kan Chris Rowan, ʼn lid van die polisie se trio-taakspan, bel by 082 442 1457.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HPV ·

Malema aanhitsing met goedkeuring van die MRK. Mnr Ramaphosa waar was jou Demokrasie en Grondwet vir die persoon? FW en Roelf kyk hoe lyk julle onderhandelings nou.

alet ·

Ons lewe in n siek suid afrika moor roof dood maar waar is ons President.Hy hardloop soos n afkom hoender rond en soek stemme vir sy party.Maar o wee laat daar nou net n ongeluk kom en van hulle mense kry seer of dood dan staan alles stil.Want alles draai om hulle mense en bokker die res.Here help ons om n verandring in hierdie siek suid afrika te sien asb Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.