Liggaam op klipbank by Harties gevind

Hartbeespoortdam (Foto: NSRI via ANA)

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek ná ’n man se liggaam op ’n klipbank langs die Hartbeespoortdam gevind is.

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het ’n ooggetuie die polisie Saterdag omstreeks 12:00 na die toneel ontbied.

“Die man, vermoedelik in sy 50’s, se liggaam is op die klipbank by die dam gevind. Paramedici van ER24 het hom op die toneel dood verklaar,” sê Myburgh.

“Die man se voertuig is verlate by die damwal gekry.”

Volgens Myburgh het die man vermoedelik van die damwal gespring en geen vuilspel word vermoed nie.

Familielede sal die slagoffer Dinsdag amptelik identifiseer. Die polisie sê sy naam kan dus nog nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Dit is so hartseer om te dink hy neem sy eie lewe omdat hy hierdie lewe nie meer kan hanteer nie, ongeag waarom die lewe hom so hard gedruk het. Is nie meer ‘n plesier om in hierdie land te kommunistiese georienteerde wereld te lewe nie. Innige simpatie en meegevoel met sy familie en naasbestaandes

Dries ·

Ek dink jy slaan die spyker op die kop. Duisende wat ook so voel.

piet ·

Mense pleeg selfmoord oral ter wereld. Daar’s lande waar daar oorlog is en ander waar die situasie BAIE erger is as hier. Sekere mense is maar nou net geneig tot selfmoord ander sal nooit selfmoord pleeg nie al is die situasie ook wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.