Liggaam op Leeukop gevind

Foto: @EmileEsp op Twitter.

Foto: @EmileEsp op Twitter.

Die liggaam van ʼn 25-jarige man is Woensdagoggend op Leeukop in Kaapstad gevind.

Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, het gesê stappers het omstreeks 07:00 op die man se liggaam afgekom en die nooddienste ontbied.

“Die man se liggaam is per helikopter deur Air Mercy Services na die voet van die berg geneem waar ʼn ambulans gewag het,” het Daniels gesê.

Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend nie. Daniels het gesê die oorsaak van die man se dood is ook nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.