Liggaam op strand toe nie dié van Britse burger

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die vrou wie se liggaam Saterdag op ʼn strand by Durban aangetref is, is nie ʼn Britse burger soos voorheen vermoed is nie.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Charmaine de Lange (53), wie se liggaam tussen Batterystrand en die gewilde Sun Coast Casino-strand aangetref is, is intussen deur haar dogter geëien. Sy is ʼn Suid-Afrikaner en woon in Umbilo in Durban.

Sy het glo haar huis op 31 Desember verlaat en is dieselfde dag as vermis by die polisie aangemeld.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het aanvanklik vermoed dat die oorledene ʼn Britse burger is aangesien ʼn Britse paspoort by die liggaam aangetref is. Zwane kon nie Maandag bevestig aan wie die paspoort behoort of hoe dit daar gekom het nie.

De Lange se liggaam is in ʼn hurkposisie aangetref met geen ooglopende uitwendige beserings nie. “Die polisie vermoed geen gemene spel nie na aanleiding van bewysstukke wat by die liggaam en by haar huis gevind is,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Hoe kan die twee van SA burger en ‘n Brit bymekaar gebring word. Is daar dan nie ‘n foto in die paspoort nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.