Liggaam op Tafelberg dalk dié van vermiste vrou

Colette Olivier (Foto: Facebook)

Die liggaam van ’n onbekende vrou is Dinsdagmiddag op Tafelberg gevind. Die liggaam is moontlik dié van ’n vrou wat sedert Vrydag vermis word.

Colette Olivier (47) is Saterdag vir die laaste keer op Tafelberg naby Indië-venster gesien nadat sy Vrydagoggend uit haar kêrel se motor by ’n verkeerslig in die omgewing van Stellenbosch gespring het.

Bianca Gouws, Olivier se dogter, het in ’n plasing op Facebook gesê haar ma het vir haar kêrel gesê dat sy na die berge wil gaan. “Sy het die vorige dag vir my gesê sy wil Tafelberg toe gaan.”

Volgens Gouws het haar ma ’n psigotiese episode gehad.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam op Tafelberg sal geïdentifiseer word nadat DNS-toetse uitgevoer is.

Die polisie het nie Woensdagoggend op navrae gereageer rakende die omstandighede van die vrou se dood nie. Nooddienste het ook nog nie op navrae gereageer nie. Maroela Media sal verdere inligting verskaf sodra dit bekend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Hoekom het sy uit haar kêrel se motor gespring en nie net uitgeklim nie.Wat was die psigotiese episode wat sy ervaar het.Sterkte aan die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.