Liggaam op Tafelberg gevind

Tafelberg. Foto: Marianne Styan

Tafelberg. Foto: Marianne Styan

Reddingswerkers is op die toneel om ʼn liggaam van ʼn man te verwyder wat Woensdag deur ʼn voetslaner op Tafelberg gevind is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die liggaam van ʼn onbekende man is in die omgewing van Arrow Final naby die India Venster-roete gevind.

“Die liggaam is Woensdagmiddag deur ʼn voetslaner naby ʼn staproete gevind,” Van Wyk gesê. “Weens weerstoestande kon die liggaam nie Woensdag verwyder word nie en sal dit Donderdag gebeur.”

Johann Marais, woordvoerder van Wilderness-soek-en-redding, het aan Maroela Media gesê die man het na raming sowat 200m ver geval. “Die posisie waar sy liggaam gevind is, dui aan dat hy van bo van die berg af geval het. Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek. Hy het nie identifikasie by hom gehad nie,” het Marais gesê.

Marais het gesê hulle kan sonder twyfel sê dat dit nie die liggaam van die vermiste Taro Spies (25), ʼn ervare bergklimmer van Muizenberg, is nie, aangesien dit wil voorkom op dié persoon nie langer as 24 uur dood is nie. Spies is op 12 Mei die laaste keer gesien en sy motor is die volgende dag naby Tafelberg gevind. Daar is vermoed dat hy gaan bergklim het. Ná uitgebreide soektogte waarby sowat 50 mense, insluitend reddingsklimmers betrokke was, kon niemand daarin slaag om enigiets te vind nie en is die soektog na hom afgelas. Talle gebiede rondom die berg, insluitend gevaarlike terrein, is tydens die soektog gedek. Reddingspanne, waaronder honde-eenhede, het verskeie dele van Duiwelspiek, die Twaalf Apostels, Oranjekloof in Houtbaai en die laer berghange van Vredehoek gefynkam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Weereens, MOENIE alleen gaan stap in veral bergwêreld of stel mense in kennis oor wat jy beplan en hoe laat jy tuis sal wees.

KarooKlong ·

Goeie antwoord Peet. Dit het ‘n paar keer hierdie jaar al gebeur maar nog steeds gaan mense alleen op. Haauw?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.