Liggaam op trein gevind

MetrorailDie liggaam van ʼn onbekende man is vroeg Woensdagoggend in ʼn treintrok in die Wes-Kaap gevind.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se liggaam is met ʼn skietwond in ʼn Metrorail-treintrok in Kaapstad gevind. “’n Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Rwexana het gesê die liggaam is omstreeks 05:00 Woensdagoggend gevind. Enigiemand met inligting kan die polisie kontak by 021 467 8002.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Metrorail het nie treintrokke nie!! Hulle gebruik passasierswaens of rytuie. Treintrokke word vir die vervoer van lewendehawe gebruik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.