Die liggaam van ʼn man in sy 40’s het Woensdag op ʼn strand in Durban uitgespoel.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die liggaam het op ʼn strand naby ʼn casino uitgespoel.
“Paramedici is na die strand ontbied nadat ʼn omstander die liggaam in vlak water sien dryf het,” het Meiring gesê. “Die man was reeds dood en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie.”
Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.