Die liggaam van ʼn man is Saterdag gevind waar dit in die Silwermyndam in die middel van die Tafelberg Nasionale Park gedryf het.
Frans van Rooyen, parkebestuurder, sê die ontdekking volg na ʼn week lange soektog na die vermiste Mike Reilly (69) wie se motor verlede Sondag in die parkeerterrein van die Silwermyndam gevind is. Die polisie en verskeie reddingswerkers het Maandag na Reilly begin soek. Reilly was ʼn marathonatleet.
“Die familie het die liggaam positief geïdentifiseer as dié van Mike Reilly wat die afgelope week vermis was. Ons innige meegevoel en simpatie met die familie in hierdie moeilike tyd,” het Van Rooyen gesê.
Die dam was sedert Maandag gesluit en Van Rooyen sê daar sal binnekort ʼn opdatering wees oor wanneer die dam weer vir die publiek oopgestel word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Oorsaak van dood onbekend.
Is die oorsaak van sy dood bekend.Vermoor of natuurlike oorsaak.Weereens ‘n atleet wat alleen gaan draf het.Wanneer gaan mense leer.
Dit is so ontstellend dat soveel mense deesdae as vermis aangegee is en dan dood gevind is.
Nóg ‘n moord.
Seker aan covid dood