Liggaam van Limpopo-kind (9) in vlak graf gekry

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem weens die moord op ʼn negejarige meisie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie, Ria Letsoalo, het op 6 Maart spoorloos uit haar huis in Medingen verdwyn, terwyl haar ma glo weg was om ʼn begrafnis by te woon.

“Die meisie en haar sewejarige broer het glo die aand in die huis geslaap toe sy ontvoer is,” het Ngoepe gesê. “Toe die ma die oggend by die huis kom, het sy gesien die deur is afgebreek en dat haar dogter weg is.”

Die ma het die polisie ontbied en ʼn soektog is van stapel gestuur.

Die verdagte, vermoedelik die ma se kêrel, is Vrydag in Modjadjiskloof in hegtenis geneem terwyl hy glo probeer het om na Gauteng te vlug.

Letsoalo se liggaam is later in ʼn vlak graf buite die dorp gevind. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die man moet Maandag in die Bolobedu-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak, moord en ontvoering.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois ·

Nie eens diere doen dit aan hulle eie werpsel nie. Maar eeen ding is verseker, post apartheid lug al hierdie dinge uit wat 10 teen 1 ook tydens apartheid geseevier het…maar nou baie meer na vore tree…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.