Liggaam van man in Wes-Kaap-pas gevind

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 33-jarige man is Dinsdag in die Nuwekloofpas digby Tulbagh in die Wes-Kaap gevind. Die man se lyf was vol skietwonde.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is na die pas ontbied waar hulle die man se liggaam aangetref het.

“Hy het verskeie skietwonde aan sy lyf opgedoen,” bevestig Rwexana.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Ons vermoed daar was ʼn paar verdagtes betrokke. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Jy kan nie eers meer veilig in ‘n berg pas gaan stap nie want hulle wag vir jou orals…..dankie ANC….VoertsakANC!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.