Liggaam van ontvoerde baba gevind

Mpho Kgoroyadira is uit haar ma se arms gevat terywl hulle geslaap het. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ʼn ontvoerde baba is Donderdag in ʼn oop veld in Jouberton, Noordwes, gevind.

Die 15 maande oue Mpho Kgoroyadira is vermoedelik Saterdag 1 Februarie ontvoer. Sy het om 20:00 saam met haar 22-jarige ma in hul huis in Jouberton gelê en slaap toe haar ma wakker word en besef daar is iemand anders in die huis. “Die onbekende verdagte het Mpho gegryp en te voet van die toneel verdwyn,” sê kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder vir Noordwes. ʼn Selfoon het ook uit die huis verdwyn.

ʼn Saak van ontvoering is aanhangig gemaak.

“Die polisie en ongeveer 50 lede van die gemeenskap het gister ʼn soektog na Mpho onderneem en op haar ontbinde liggaam, weggesteek onder ʼn klip in die veld, afgekom,” sê Myburgh. ʼn Saak van moord word ondersoek, maar niemand is nog vasgetrek nie.

 

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Kagiso Disipi, by 082 856 1748 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marilize ·

Mnr Ramaphosa,
Ek versoek dat jy 1 x maal die nuusblaaie oopmaak en al die berigte lees. Ek is seker jy is salig onbewus van wat in jou land aangaan.

Kinders wat mekaar vermoor, groot mans wat babas vermoor????

Anel ·

Nou kan ek nie verstaan nie. Die kind is die eerste ontvoer en gister het 50 lede eers begin soek, 13 dae later. Of verstaan ek nou verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.