Liggaam van pasgebore baba uit rivier gehaal

ER24-nooddienste en die polisie se soek-en-reddingspanne was op die toneel (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Maandag deur nooddienste en die polisie se soek-en-reddingspanne uit ʼn rivier in Marlboro in Gauteng gehaal.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ER24 en die provinsiale nooddienste is deur gemeenskapslede na die toneel ontbied.

Meiring sê die baba, glo ʼn seuntjie, se liggaam het tussen vullis in die rivier gelê.

“Die polisie se soek-en-reddingspanne is na die toneel ontbied om sy liggaam uit die rivier te haal,” sê hy.

Volgens Meiring het die baba geen tekens van lewe getoon nie, waarna paramedici hom op die toneel dood verklaar het.

“Meer besonderhede oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur,” sê Meiring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Astrid ·

@Hartseer, daardie klein lyfie gaan juis warmte en liefde aanvaar daar waar hy nou is!!! Vir daardie klein lyfie is daar net liefde en wat jy moet verstaan is dat ons Liewe Heer daardie klein lyfie juis gesoek het om om Sy voete te kuier, lag en te speel!!!! Mag jy in vrede rus klein seuna, weet net dat jy nooit die wreedheid van die aarde en sy mense sal beleef nie en dat jy heeltemal veilig is by ons Hemelse Pappa, Hy sal jou geen leed aandoen nie!

VT ·

Ai mense, dit breek my hart!! Ek wil SOOOOOO graag ‘n baba van my eie he, maar dit is my nie beskore nie…. en hier kry iemand ‘n pragtig volmaakte babatjie… en gooi hom in die rivier! Hoe min moet ‘n mens nie omgee om dit te doen nie!!

Sê maar net ·

VT, ek voel jou pyn. Ons het ook daardie begeerte en ek bid elke dag vir ‘n wonderwerk. Maar as ek hierdie kommentaar plaas. Dan val mense my aan deur te sê, probeer IVF, KI, aanneming, surrogaat ensovoorts ensovoorts. Ons is al deur al die kanale en elke keer is daar ‘n toe deur. Ek bid en pleit vir ‘n oplossing. Mag ons liewe Vader ons krete hoor na hierdie smag gebede en vir ons ook ‘n wonderwerk toevertrou. Dankie Jesus, dat U nogsteeds in beheer is. Ons vertrou U. So jammer vir die seuntjiekind, my hart is seer dat hy nie liefde ervaar het nie :(

Genieve ·

Ek wonder of die Here haar 1dag weer kinders gaan gee of laat ek se n geboorte skenk want dis moord en sy moet onthou die Here het dit gesien niemand anders nie,die Here. Soveel vrouens wat smag na kinders en syt besluit om dai pragtige dogtertjie/seun te gaan damp. Dis tragies verby.

Anneke ·

Ek hoop werklike hulle spoor haar op sy moet gestraf word al vind hulle haar nie sal die HERE haar wel straf. Plaas gee sulke mense net die kind vir iemand wat haar of hom kon lief he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.