Liggaam van polisiekaptein in oop veld aangetref

Argieffoto

Die liggaam van ’n polisiekaptein is Dinsdagoggend naby ’n stortingsterrein in Botshabelo, oos van Bloemfontein, in die Vrystaat aangetref.

Die slagoffer (57) was verbonde aan die polisie se eenheid vir sigbare polisiëring in Selosesha, Thaba Nchu.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes is omstreeks 09:00 deur ’n verbyganger na ’n oop stuk veld ontbied waar hulle die offisier se liggaam aangetref het.

Die man is keelaf gesny en het ’n oop wond aan die linkerkant van sy maag gehad.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer moontlik elders vermoor is waarna sy liggaam in die veld gestort is.

Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend. Die polisie het ook nie die beampte se naam bekend gemaak nie.

’n Saak van moord word ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die moord by 082 466 8341 of by Stop Misdaad, 08600 10111, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maggies ·

Tien teen een sou hy ‘n belangrike getuie wees. Mens kan nou net wonder.

Persheks Adri ·

Hoe moet ons help as julle ons niks info gee nie SAPS? Genade bietjie breins regtig. Geen naam, ras, niks nie en die publiek moet help regtig

FM ·

Dis duidelik dat hy vir die misdadigers ‘n groot bedreiging was. Baie jammer

Debbie ·

Waarom se hulle altyd die motief vir die moord. Daar is net een motief en dit is moord

Derek ·

Die ANC leer nou duur lesse, wanneer jy die verkeerde deure oopmaak gebeur dit wat ons nou sien gebeur. Dit fout is begaan sover terug as 1992, die reg om te lewe was nooit gerespekteer nie, want wette het die gebooie mos vervang! God se gebooie en Sy opdrag!

Sarel ·

Die vrug van wetteloosheid. Jammer die ANC het baie in Rusland en China geleer behalwe hoe om teen misdadigers op te tree.

Gert Johannes ·

Ironies, sodra ‘n betroubare polisieman my misdaad terein betree, dan laat ek hom vermoor. Hoe het ek geweet, binne inligting, so daar is nog steeds misdadige amptenare en beamptes binne polisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.