Liggaam van skoolseun ure later verwyder

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, op die toneel. (Foto: ANA)

Die liggaam van die 16-jarige seun wat Woensdagoggend buite ʼn skool in Mondeor in Johannesburg doodgesteek is, is eers vier uur later van die toneel verwyder.

Die seun se ouers, skoolmaats en ander nuuskierige verbygangers het toegekyk hoe patoloë bewyse op die toneel versamel.

Die seun was vanoggend op pad skool toe en is in ʼn veld naby die skool doodgesteek.

Maroela Media het vroeër berig paramedici het om 08:14 op die toneel aangekom toe paramedici van ʼn ander nooddiens reeds besig was om die seun te behandel.

Die seun het ʼn steekwond in sy bors gehad. Hy is op die toneel dood verklaar.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het hom na die skool gehaas nadat hy van die voorval te hore gekom het.

Polisie was op die toneel. Die presiese omstandighede rondom die voorval is steeds nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

honurable member ·

Dinge raak net erger en erger in hierdie land en die regering doen absoluut niks om dit te beveg nie. Hulle is net gepla oor die stemme in die verkiesing. Kinders kan nie eers mee skool toe loop nie dan word hulle aangeval. waar gaan alles eindig.

Michael ·

Jissie Lesufi is darem baie besig dees dae Lyk my hy haas hom na al die tonele maar eintlik doen hy niks omtrent dit nie Wil ook net belangrik. lyk .

Anne ·

Nie ons almal gaan moan nie, hy doen in elk geval niks daar nie

Phillie ·

Lesufi het geskitter in sy afwesigheid by Driehoek tragedie
Maar miskien het ons te min histeries gemoan

Lolie ·

net as jy die skool afbrand kry jy aandag .. ons moan nie eers meer daaroor nie ..

Forie ·

It is absolutely devastating that a child must loose his life that way. Where is this world going to. You are just not save anywhere anymore. My payers goes out to the parents, family, school friend and Mondeor High School. RIP!!!

Cherokee ·

Jy’s reg.. dit sal miskien minder gebrekkig wees as daai Ingels.

Trol ·

Ai tog! Maar engels moet ons voorgee om te wees. Al ken ons nie die verskil tussen spaar en veilig nie

willem Botha ·

Ek gaan dit weer sê die polisie is nie meer teenswoordige in SA nie en so sal dit erger word todat wetsgehoorsame burgers wet in eie hande begin neem

Lt.VonWyk ·

@Willem, nou veralgemeen jy helemal. Soos om te sê alle blankes is rassiste, eers wanneer dit eindig, sal dit beter gaan.

JB ·

Ongelukkig op so ‘n toneel moet daar bewyse versamel word sodat sake nie later uit die hof gegooi word met onvoldoende bewyse nie. Nou wat die polisie hulle werk doen lewer julle kritiek, doen hulle dit nie en die skuldiges loop vry is dit ook die polisie se skuld. Daar is vrek goeie manne en vroue wat nog elke dag hulle deel doen in die polisie. Los die ouens uit dat hulle hulle werk doen.

Dries du Toit ·

Dit is nie net n kind wie se lewe weg is nie maar hulle ouers en familielede, skoolmaats ,onderwysers en gemeenskap verloor ook n stuk van hul lewens en gesondheid

Anoniem ·

Ek stem saam met Willem Botha , die Polisie moet meer sigbaar wees. Ek gaan nou seker ‘n klip in die bos gooi, maar vroeer jare het die polisie in woonbuurtes voetpatrollies gedoen en dadelik besef wanneer daar iets verdags aan die gang is.

Sandy ·

There is no dignity in death, maar tog het hulle toegelaat die kind so in die openbaar le en niemand het iets omtrent dit gedoen nie. Skande bo skande. Kan mens nerens meer gaan sonder om aangeval te word nie. Die kind is die “toekoms” hy het skoolgeloop en probeer om iets van homself te maak, en dis nou wat gebeur het. My simpatie aan sy familie.

alida ·

Sandy ek neem aan jy verstaan nie dat die SAPD hulle ondersoeke moet doen nie. Hulle kan nie die liggaam onmiddellik verwyder nie. Ek is seker daarvan die kind is toegegooi met ‘n kombers of iets en toe verwyder. Sjoe maar julle kan aangaan.

Ouma ·

Ai ons pragtige Suid Afrika. Vyftig jaar terug op skool het mens skaars van moord van volwassenes gehoor wat nog van kinders.

Lindtjies ·

In ‘n ander artikel lees ek dat ‘n matriek seun vermoor is vir sy skoene. Sy ouers het maande lank gespaar om vir hom die skoene te koop vir sy matriekafskeid en toe moes hy met sy lewe boet daarvoor. Die aand van die afskeid nadat hy en ‘n vriend saam met ‘n meisie huis toe geloop het word hy vermoor. Die rede hoekom hulle geteiken is, is omdat hulle duur selfone, tablets en fietse het.

Theoman ·

Ons het as kinders vanaf 1955 tot 1985 in Mondeor gebly, wat n wonderlike rustige voorstad was dit nie, kon tot laat orals speel met die groot oop ruimtes wat daar was, ons huis het geen diefwering, alarm of heinings gehad nie. Nou onlangs met mense gepraat wat nog daar bly…… maar wil dringend verkoop en wegkom, dis onveilig daar en soos orals gaan Mondeor ook agteruit. Skande!

Koos de Meyer. ·

Wat verwag ons as die sogenaamde bevryders ‘n land regeer. Die president sê dan moorde bestaan nie, nou hoe nou.

Chris ·

Dit is tragies dat daar soveel geweld is waarin kinders slagoffers is, maar ook soveel wat misdadigers is op jong ouderdomme. Dis ‘n bose kringloop, kinders wat word van jongs af daagliks blootgestel aan geweld, dit is gladnie meer vreemd nie. Teen die tyd dat hul tieners is, is misdaad die logiese manier om vinnig geld te maak. Ek veralgemeen nie, maar solank as wat armoede en werkloosheid seëvier, kan ons nie verwag die misdaad gaan minder word nie. Die polisie het ‘n enorme taak.

SjN ·

Hoe meer haas hoe minder spoed, tragies, 16 jaar oud en reeds in gevegte betrokke.

Heksie ·

Patoloë verwyder net liggame van ‘n toneel. Forensiese ondersoek spanne fynkam misdaad tonele vir bewyse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.